
Foto: Canva
Die dooie vis
Soms is die see nie eers rof nie
en stoot nog steeds visse uit
wat doelloos en dood lê op die strand;
Glasoog-starig na niks en na iets, anders as die norm
Wat roep die branders dan, vra ek
is dit vergelding of vergifnis?
Blameer die strand die golwe
of verstaan die getye dat lewe nie gekoppel is aan die dood?
Vergewe my is wat ek vra.
Laat my lewe is wat ek eis.
Ek is immers nie ’n vis nie.
As die golwe kom wil ek swem.

