Behoort

  • 0

Foto: Canva

Behoort

Ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd

die hond sal sy stert swaai uit blydskap vir jou bekende
by jou voete sal hy sit om na jou te kyk
oor jy syne is sonder voorbehoud

ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd
want dan sal jy glimlag en weet
jy behoort

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top