mondig

  • 0

droom die ander nag van hansie en kie-hulle se plaas hy is deesdae
hannes maar die plaas steeds gezina;
in die droom weer die lande onderkant die huis vol gekrulde kontoere
en hoe ons met die ferguson heen en weer ’n aanval loods op die grond;
hoe die sooie oopskuif en my slaap na daardie turf verlang; al van en vannag
trurat tot angs. in nou sou die lande ’n oop veld wees;
hansie se ma en pa stof; die huis met sy eienaardige reuk ’n murasie;
en die res van asem oorlye wat die aarde vermaak met woede-uitbarstings.
en was daar wolke wat wit in die bolug roer soos die wimpers van ’n merino;
totdat dit skemer en elke slaap ’n knop in die keel laat; ’n holte vir weerlig en
die buurplaas se lande; donker onder ’n mens se lippe soos leë kamers wat
vorder tot ’n ruïne; en die stilte van trekkers mondig soos komende rampspoed;
’n lugspieëling agter my; en agter my ooglede

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top