Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Skoon wasgoed-rubriek: Die glibberige woord
2020-07-29"By nadere inspeksie kon jy duidelik sien hoe die terme van tyd tot tyd versag is, van uitgawe na uitgawe. Van die oorspronklike, wat hard geland het op die sensitiewe oor van die tweede helfte van die eeu, is hulle telkens verander volgens wat in die tyd as sosiaal aanvaarbaar beskou is."
Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Paweł Zajas
2020-07-28In vandeesweek se Zoom-gesprek praat Willie Burger met Paweł Zajas oor die letterkunde in Afrikaans, Nederlands en Pools. Hulle bespreek die boekebedryf in verskillende lande en die term "transnasionalisme".
Wolk: ’n onderhoud met Hannes Barnard
2020-07-28"Jou tienerjare is so ’n belangrike deel van jou lewe; so ’n interessante, deurmekaar, soekende deel van ons lewens, dat dit ’n fantastiese plek is om kleurvolle en betekenisvolle karakters te gaan soek."
Tronkhond deur China Mouton: ’n resensie
2020-07-27"’n Groot verskeidenheid gebeurtenisse word gedramatiseer: misdaad binne ’n gevangenis soos moord, bendegeweld en ontsnappings; ook ontroerende voorvalle binne sy familie- en vriendekring. Waar nodig gebruik hy ruwe taaluitdrukkings, gevangenes se soort woorde en sekere uitdrukkings wat ek onthou uit my dienspligmaande van lank gelede."
Korona-kortverhaalfees: Moryn Hanzen oor "Rigting"
2020-07-27"Ons mense leer dink kreatief om ons uitdagings te bowe te kom. En ons mense kán stories vertel."
Lesersindruk: Oorlewingsgids vir ’n prinses deur Federica Magrin
2020-07-27"Wat die boek besonders maak, is dat ons nie net die gewone, bekende prinsesse ontmoet nie, maar ook vir Thakane, Dulcinea, Kaguya-hime en Draupadi. Die verskeidendheid van prinsesse sorg vir ’n meer gebalanseerde blik op die prinseswese. Die leser kry ’n Afrika-, ’n Indiese en Asiatiese perspektief."
Adriaan Snyman (1938–)
2020-07-27"Adriaan Snyman skroom nie om omstrede onderwerpe as temas vir sy romans te gebruik nie." Adriaan Snyman se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.
The fall: an interview with Jen Thorpe
2020-07-24"I think the way we think about and talk about protests and why they happen has the ability to shape our receptiveness to listening, and I wanted to explore this idea in The fall."
Pasverskyn: Kanaän deur Sophia Kapp
2020-07-23Kanaän is die storie van Catherine Baker, ’n gesofistikeerde Johannesburger, en Chrisjan Cronjé, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Sy is half-Engels en ’n Bloedsap; hy is die nasaat van Boere en ’n inwoner van ’n distrik waar die wonde van die Vryheidsoorlog nog vlak lê.
Jakes se geheim: ’n onderhoud met Francine Beaton
2020-07-22"Dis asof mens net meer attent is op alles rondom jou sodat jy nie dalk iets misloop wat jy in ’n storie kan gebruik nie."
"Slimgeit lê in eenvoud" – Wilken Calitz gesels oor sy debuutroman Swart swaan
2020-07-22"Lesers stel nie belang in skrywers nie. Hulle is op soek na karakters wat onverwagse goed aanvang."
Lesersindruk: Iemand wat verdrink en ander verhale, saamgestel deur Fanie Viljoen
2020-07-21"Viljoen sorg vir ’n goeie balans en hierdie bundel het die potensiaal om goed benut te kan word in die klaskamer. Beslis een vir die boekrak."
Boekbespreking: Hammie en feminisme
2020-07-21"Hammie is ’n bewys dat die onderdrukking van die swart/bruin vrou nie net in die geskiedenis is nie, maar steeds vandag plaasvind."
Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever
2020-07-21In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy met Zirk van den Berg, Carina Stander en Alettie van den Heever oor hulle werk binne die spekulatiewe-fiksie-genre.
Reader impression: The body: A guide for occupants by Bill Bryson
2020-07-21"This is a book that is really worth the read; I am even considering rereading it sometime, which is something that I very rarely do with books."
Treurtrips: De schoonheid van lelijk Nederland
2020-07-21"Wat Mark van Wonderen vooral laat zien is dat sommige vermeende mooie plaatsen helemaal niet zo mooi zijn. Wat te denken van de Nederlandse kust – wat staat daar een lelijkheid!"
Korona-kortverhaalfees: Wilmarie Pekeur oor "Die hemel se deure staan wawyd oop"
2020-07-21"Ek het ook baie dinge van kindsdae af sien gebeur en waargeneem. Dit kan ook ’n rede wees hoekom ek dit alles op papier wil vaslê. Skryf voel ook al hoe meer vir my soos comfort en ’n wegkruipplek."
Spiraal in spiraal – Reise met Schoeman: In die voetspore van die skrywer, ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2020-07-20"Die boek is nie net ’n treurwerk nie, nie net ’n reisverslag nie, nie net ’n opgaaf van ’n eerste poging om te verstaan wie Karel Schoeman was en waaroor sy werk ten diepste handel nie, maar die eerste tree, meen ek, in die rigting van wat moes kom, naamlik die werk van ’n persoon met die nodige gevoeligheid, afstand en verbintenis om die lewensreis van Karel Schoeman te boekstaaf."
Nathan Trantraal (1983–)
2020-07-20"My Afrikaans lyk soesie mense wat it praat. Die geskiedenis van Coloured mense is heeltemaal locked up innie Afrikaans wat hulle praat. Is Engels, Dutch, Malay, Indonesian Arabic, Khoe. Dis ’n version van Afrikaans wat unedited is, sône gatekeepers en sône affectations."
Pasverskyn: Swart swaan deur Wilken Calitz
2020-07-16Wilken Calitz se Swart swaan is meer as ’n surrealistiese sprokie vir volwassenes. Dit is ’n betowerende roman oor die lewe van ’n man wie se verbeelding op ’n dag vlerke kry.
