Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Digitale boekbekendstelling: Merk deur Rudie van Rensburg
2020-07-16Jy word vriendelik uitgenooi na die digitale boekbekendstelling van Merk deur Rudie van Rensburg op Dinsdag 21 Julie 2020. Phyllis Green gesels met Rudie van Rensburg.
"Om die spoor van jou verlore onskuld te volg, is om jouself vorentoe beter te verstaan" – ’n onderhoud met Johann van der Walt
2020-07-16"Hierdie is ons grootste toets – ja, jy gaan jou onskuld verloor, maar jy kan ten spyte daarvan nog steeds kinderlik glo in die dinge wat vir jou saak maak."
Reza de Wet: Die dramaturg as dromer, Temple Hauptfleisch en Marisa Keuris (redakteurs)
2020-07-15"Met die sesde publikasie in die huldigingsreeks kan ek opreg sê dat hierdie projek van onskatbare waarde vir toekomstige navorsers en belangstellendes in die Afrikaanse letterkunde gaan wees."
Sea star summer: an interview with Sally Partridge
2020-07-15"It was during a morning beach walk on one of these trips that he pointed out all the 'sea stars' in a rock pool. I was already writing the book, and that scene automatically made it in."
Kwarantynketting: "Dis COVID, en ek kou witbrood" deur Zirk van den Berg
2020-07-15"Probeer jou die ideale plek voorstel om te wees as daar ’n pandemie uitbreek. Ek sou reken ’n goeie kandidaat is iets soos ’n eiland op ’n uithoek van die aarde, yl bevolk, betreklik welvarend, met goeie mediese geriewe en ’n oopkop regering. Met ander woorde, Nieu-Seeland."
Persvrystelling: Tuin van Digters in November 2020 huldig digter, vertaler en skrywer Daniel Hugo
2020-07-14Die negende jaarlikse Tuin van Digters-fees, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, sal in 2020 op 27 tot 29 November saam met NB-Uitgewers as medeborg by die Breytenbach Sentrum in Wellington, sowel as op sosiale media platforms, aangebied word.
Resensie: Mirre deur Chanette Paul
2020-07-14"Die reeks handel oor vroue wat harde lewenslesse leer, maar bo hulle omstandighede uitstyg en hulle nie laat onderkry nie, al is die pad ook hóé swaar en uitdagend. Dit vier dus die universele vrou se reis vanaf weerloos na weerbaar."
SJ du Toit (1847–1911)
2020-07-14"Mogelik sal ’n latere geskiedskrywer, as teenwoordige vooroordele al uitgestorwe en die tyd elke gebeurtenis na waarde sal gerangskik hê, die 14de Augustus 1875 opteken as ’n gedenkwaardige dag."
Korona-kortverhaalfees: Martin Steyn oor "Lopers"
2020-07-14"En ek het ook al ’n paar verskriklike tonele geskryf, maar ek probeer altyd om die werklike slagoffers van sulke misdade te respekteer, so ek probeer dit skryf soos wat dit is, so grafies en gewelddadig as wat nodig is vir daardie storie, maar sonder om dit te sensasionaliseer."
AHM Scholtz (1923–2004)
2020-07-13"’n Skrywer sonder ondervinding en mensekennis sal ’n swak skepper van lewendagge gedagtes op papier wees." AHM Scholtz se ATKV|LitNet-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig bygewerk.
Die lewe volgens Wim Vermaak: ’n onderhoud
2020-07-10"Die beste was om te sien hoe die stukke van Wim se lewe stadig maar seker bymekaar kom ten spyte van struikelblokke wat hy soms self geskep het weens sy dromerige lewensuitkyk."
Meertalige skrywersonderhoud: Nederlandse skrywer Esther Verhoef gesels oor Liewe Mamma
2020-07-10"Ik wil als schrijver bij voorkeur, net zoals de lezer, verrast worden."
Pasverskyn: Maggie – My lewe in die kamp deur Maggie Jooste
2020-07-09Maggie is die merkwaardige verhaal van ’n Afrikaanse tienermeisie en haar belewenis van die Anglo-Boereoorlog.
Karel Benjamin se storie
2020-07-09"Staan uit die water uit! (Kwela Boeke, 1996) is waarskynlik die eerste boek in Afrikaans oor ’n werkersgemeenskap wat van binne uit geskryf is deur ’n volmondige lid van daardie gemeenskap ... Karel Benjamin gebruik die uitsonderlikste Afrikaans [wat] ryk is aan uitdrukkings onbekend aan ons ... Inderdaad ’n outentieke nuwe stem in Afrikaans. En ’n nuwe soort skrywer in Afrikaans."
Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans
2020-07-09"Sy pa was ’n eweneens formidabele man wat vir sy tien kinders ’n skool gebou het, want daar was geen skool naby nie. Hierdie skool het die plek geword waar vele ander Oos-Kaapse kinders hulle geleerdheid ontvang het …"
"Storie-idees meld gedurig aan, ek voer hulle nie altyd so getrou uit nie"
2020-07-08"Alles het net bymekaargekom, sodat hierdie storie geskryf moes word. Ek het kwaai aan myself getwyfel weens die sensitiwiteit van die verhaal, maar ek het net geweet dit moet geskryf word."
Berna Ackerman (1935–2015)
2020-07-08"Hoekom word ons tog so ontroer deur die dinge wat ons self skryf? Seker maar omdat ʼn mens moeilik afstand kry van die dinge wat jyself beleef het." Berna Ackerman se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.
The ultimate cat guide: ’n onderhoud met Yolanda Wessels
2020-07-07"Ek is versot op katte ... en mense is geneig om te dink ’n kat is net ’n kat, ’n selfsugtige selfversorgende eenkantdier. Dit is so ironies, want hulle is van die allerbeste kamerade wat daar is!"
Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen
2020-07-06In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.
Korona-kortverhaalfees: Rika Cloete oor "’n Kwessie van geloof"
2020-07-06"In 2005 het ek ’n DLitt et Phil in Duitse Letterkunde aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Dit was ’n natuurlike uitvloeisel van my destydse beroep as lektor, maar ek moet beken dat ek meer tuis voel as woordkunstenaar."
