Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Pasverskyn: Slagoffer deur François Smuts

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-08-14

Dawid Neethling is ’n suksesvolle psigiater op Stellenbosch met ’n deeltydse pos by die universiteit, ’n knalgeel Porsche en ’n steriele huwelik. Wanneer die beeldskone musiekstudent Eva Rodriguez sy pasiënt word, kan hy hom nie indink langs watter paadjies sy hom sal laat loop nie.

Lesersindruk: Wolk deur Hannes Barnard

Anke Theron Lesersindrukke 2020-08-14

"Dié van ons wat maatjies gemaak het nog voor ons behoorlik uit ons doeke was, saam kleuterskool toe is en saam op skool was, sal hierdie boeke kan waardeer. Volwassenes kan ook gerus die boek lees."

"Los ons kinders uit!" sê skrywers aan pedofiele

Louise Viljoen (JBay) Menings 2020-08-14

"Hierdie dapper skrywers het in hulle onlangse boeke die kollig geplaas op pedofiele wat op kinders se onskuld teer. Hiermee dek hulle die tafel vir ’n broodnodige gesprek oor hoe ouers én kinders bemagtig kan word om ’n standpunt in te neem teen molestering en ook hulp kan kry."

Korona-kortverhaalfees: Wilken Calitz oor "RE:"

Melt Myburgh, Wilken Calitz Skrywersonderhoude 2020-08-12

"'RE:' is basies ’n klomp back-and-forth e-posse tussen al die rolspelers wat hy betrek om sy plan te laat slaag. Mister X is ’n bedenklike figuur uit die onderwêreld wat die mediese fonds se vervalsing behartig."

Francois Smith se Kleinste ramp denkbaar gaan boei, terroriseer

Melt Myburgh, Francois Smith Skrywersonderhoude 2020-08-12

"Dinge werk op papier ietwat anders as in die werklikheid, en skryf is allermins ’n spieël wat jy op die sypaadjie voor Pep Stores opstel. Jy moet wel agterkom wat om te doen om daardie spieëlillusie te skep."

Uitnodiging: Zirk van den Berg in gesprek met Melt Myburgh oor Tweegevreet

LitNet Boeke en skrywers 2020-08-06

Jy word vriendelik uitgenooi na ’n aanlyn gesprek oor Zirk van den Berg se boek Tweegevreet op Dinsdag 11 Augustus om 19:00.

Pasverskyn: Nagjagter deur Jan Vermeulen

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-08-06

Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is ’n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met ’n houtpen deur die hart. Dit gebeur op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama Die boggelrugvampierjagter.

Femicide in South Africa – an interview with Nechama Brodie

Cliffordene Norton, Nechama Brodie Books and writers 2020-08-05

"It’s important that we understand that femicide is not something that happens only when there is a big story in the news – but it is systemic, and it has been happening over a long period of time; it exists as part of a broader society that has allowed and encouraged violence to be used as a solution or as a means to an end." 

Nuut by LAPA in Augustus | New releases in August

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-08-04

Kyk watter nuwe boeke in Augustus 2020 by LAPA verskyn.

Boekuittreksel: Maggie – My lewe in die kamp  deur Maggie Jooste

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-08-04

"In elke ronde tentjie het ’n paar Kakie-komberse op die vloer gelê, dit was al. Ma het een kombers op die grond gegooi en toe ons sewe om die paal in die middel gaan sit het, was die ou tentjie stampvol."

Kwarantynketting: "’n Seisoen van onsekerheid" deur Alta Cloete

Alta Cloete Kwarantynketting 2020-08-04

"Jy onthou gesprekke met vriende, oomblikke in die natuur, ’n doodgewone rit na ’n doodgewone bestemming – en die doodgewone het nou spesiaal geword."

Resensie: Move the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 deur Marius Scheepers

André Wessels Resensies 2020-08-03

"Nieteenstaande die kritiek wat hier en daar hier bo uitgespreek is, lewer Marius Scheepers se Moving the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 sonder enige twyfel ’n bydrae tot die beter verstaan van die sogenaamde Grensoorlog en is dit ’n belangrike toevoeging tot die Grensoorlog-historiografie."

Korona-kortverhaalfees Maryna Blomerus oor "Doodsnaaks"

Melt Myburgh, Maryna Blomerus Skrywersonderhoude 2020-08-03

"Ek kies ’n plek of gebeurtenis uit my eie lewe wat storiewaardig is. (In 'Doodsnaaks' was dit die Aprilgek-poets op my eks.)"

Boekebesinning: Danie du Toit se intrekpoësie ná ’n boek oor die faalstaat

Frederik Rudolph van Dyk Lesersindrukke 2020-08-03

"Is daar fout daarmee om die tjokke-tjokke-tjok en warm straling van die tuimeldroër te gaan uitsoek? Het ons dit dalk lank nie gedoen nie, en onsself so bemoei met Groot Onderwerpe dat ons die nuanses van klein leef vergeet het?"

Wilken Calitz oor sy musiekloopbaan en oor sy debuutroman

Maryke Roberts, Wilken Calitz Skrywersonderhoude 2020-08-03

"Ek is nie heilig op my werk nie. As jy die regte mense kies, word jou teks net beter."

Uitnodiging: Aanlyn kuier met François Smuts oor Slagoffers

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-08-03

Jonathan Amid sal met François Smuts gesels.

Lesersindruk: Worteltoon gaan jou vang deur Laantie le Roux

Berdéhan Brand Lesersindrukke 2020-08-03

"Die boek sal vir seker ’n aanwins wees vir skole. Dit bied ruimte vir interpretasie, selfondersoek, groeplees, gedeelde lees, voorspellings, menings wat beredeneer kan word, ’n visuele skatkis vir interpretasiedoeleindes, identifikasie, die verwantskap tussen oorsaak en gevolg, begripsontwikkeling en dan die belangrikste aspek  ̶  om ’n liefde vir lees te ontwikkel."

Pasverskyn: As die Cape Flats kon praat deur Green Eyes en ander stories

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-07-30

Brian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. Hy werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees.

Reader impression: Has China won? by Kishore Mahbubani

David Willers Books and writers 2020-07-29

"Space doesn’t allow for a fuller discussion of the author’s conclusions, the main conclusion of which is that a major geopolitical contest between America and China is both inevitable and avoidable."

NB-Uitgewers-kompetisie: Koop Dagboek van ’n dork en wen Sorbet-produkte

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-07-29

Lees hier hoe jy een van vyf geskenkpakke met Sorbet-produkte ter waarde van R500 elk kan wen! 

Top