Pasverskyn: Plekname van Suider-Afrika deur Peter Raper, Lucie Möller en Theodorus du Plessis

  • 0

Titel: Plekname van Suider-Afrika
Skrywers: Peter E Raper, Lucie A Möller, L Theodorus du Plessis
Vertaler: Cornelia Geldenhuys
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307600

Hierdie nuttige naslaanwerk, ’n aangepaste en bygewerkte weergawe van die vierde uitgawe van die Dictionary of Southern African Place Names, bevat die omvangrykste naamlys van Suider-Afrikaanse dorpe, stede, spoorwegstasies, berge, riviere, strande en ander entiteite. Die meer as 9000 kort inskrywings inkorporeer data van bronne van tot langer as 500 jaar gelede. Die boek bevat nie net feite oor die oorsprong van plekname nie, maar is ’n skatkis van ander interessante inligting soos alternatiewe name en die jongste naamsveranderinge.

Plekname van Suider-Afrika is meer as net ’n naslaanwerk; dit bied insig in die ontstaan van plekke, hul inwoners, geskiedenis, gewoontes en waardes.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top