Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

LAPA: Ware Noord deur Elsa Winckler – ’n video

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-08-21

In hierdie video verduidelik Elsa hoe die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes haar geïnspireer het om hierdie verhaal te skryf.

Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met De Wet Hugo

Johannes Meyer, De Wet Hugo Boeke en skrywers 2020-08-21

Johannes Meyer, ’n dertienjarige leerder aan Laerskool Stellenbosch, gesels met De Wet Hugo oor sy jongste boek, Die gevaarlikste speletjie op aarde.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Louise Viljoen

Willie Burger, Louise Viljoen Boeke en skrywers 2020-08-21

In hierdie aflewering van Boeke met Burger, praat die letterkundige Louise Viljoen met Willie Burger oor tendense in die Afrikaanse letterkunde.

Olivia Coetzee gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020

Menán van Heerden, Olivia M Coetzee Skrywersonderhoude 2020-08-21

"Die proeses om ’n idee te groei tot in ’n volle storie is die lekkeste ding op die aarde. Die proeses roep ’n mens om jouself net oep te maak vi die storie om deu te kô, en al die editors in my kop te vra om ees stil te bly."

Nuut by Penguin Random House South Africa: Augustus 2020

LitNet Boeke en skrywers 2020-08-21

Kyk watter nuwe boeke verskyn in Augustus 2020 by Penguin Random House South Africa.

kykNET-Rapport-boekpryse: 2020-kortlyste is hier!

LitNet Boeke en skrywers 2020-08-21

Die 2020-benoemdes vir die kykNET-Rapport-boekpryse, wat die Jan Rabie-Rapportprys vir nuwe prosa insluit, is pas bekend gemaak. Die pryse het vanjaar die meeste inskrywings ooit gelok.

Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith: ’n bespreking deur Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach Boeke en skrywers 2020-08-20

"Dit is nie ’n speurverhaal hierdie nie, ofskoon ’n soort speurtog aan die kern daarvan lê. Vir my is dit ’n karakterstudie, ’n ontginning van ’n personasie wat nie ’n verhewe, geïdealiseerde mens is nie. Gustav van Aardt verryk ons letterkunde ..."

Skrywersonderhoud: Sidney Gilroy oor Middernag

Emilee Swart, Sidney Gilroy Skrywersonderhoude 2020-08-20

"Ek put genot daaruit om te weet dat almal met ’n visuele biblioteek in hul koppe rondloop en dat ek as skrywer sekere beelde en assosiasies met sinne en woorde kan uitlok sodat die leser ’n absolute suiwer beeld in hul geestesoog kan vorm van ’n toneel of karakter. Ek vermoed ek skryf flieks sonder die noodwendige draaiboek."

Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers

Melt Myburgh, Zirk van den Berg Skrywersonderhoude 2020-08-20

"As dit om tegniese vernuwing of filosofiese mymeringe gaan, is ek allermins literêr. Vir my gaan dit daaroor om eerlik en onderhoudend oor mense en dinge te skryf, en om clichés te vermy."

Marita van der Vyver (1958–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-08-20

"As ek dan ’n verantwoordelikheid het teenoor Afrikaans, is dit om te bly skryf daarin."

Persvrystelling: Koning Shaka-boekprojek

LitNet Boeke en skrywers 2020-08-19

Ek (Wouter Jacobus Gildenhuys) werk aan ’n prestigepublikasie getiteld Die invloed van Shaka op kuns, literatuur en die samelewing, wat in Afrikaans en isiZulu met ’n addendum in Engels by Naledi gaan verskyn. Die sluitingsdatum vir bydraes (gedigte) is uitgestel na 30 September 2020, waarna alles in Afrikaans en isiZulu vertaal sal word.

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: ’n resensie

Alta Cloete Resensies 2020-08-19

"As jy van moord droom word sterk aanbeveel vir lesers wat nie net aksie soek nie, maar ook bereid is om op ’n emosionele vlak uitgedaag te word."

Pasverskyn: Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen saamgestel deur Isabella Venish

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-08-19

Best Books-eksamenhulp vir graad 10 Huistaal-leerders bevat taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begrips- en hersieningstoets.

Resensie: Afspraak met moord – in die kake van die Krugersdorp-kultus deur Jana Marx

Carla van der Spuy Resensies 2020-08-19

"Mens besef met die lees van die boek hoe gevaarlik en bisar dinge kan raak as dit onder die dekmantel van godsdiens plaasvind."

Press release: The virtual launch of Heart of a strong woman by Xoliswa Nduneni-Ngema

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-08-18

You are invited to the launch of Heart of a strong woman by Xoliswa Nduneni-Ngema on 24 August 2020. She will be in conversation with Fred Khumalo.

Uitnodiging: Aanlynbekendstelling van Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-08-18

Jy word vriendelik uitgenooi na die aanlynbekendstelling van Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser op Dinsdag, 25 Augustus om 19:00.

Korona-kortverhaalfees: Frederik de Jager oor "Maer vir net een dag"

Melt Myburgh, Frederik de Jager Skrywersonderhoude 2020-08-17

"Waar mense is, is daar altyd stories. Waar hulle saam eet, is daar nog meer stories. Kos en storie is keerkante van dieselfde munt."

LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool

LitNet Slypskole 2020-08-14

LitNet en die Jakes Gerwel Stigting bied van 12 Oktober tot 1 November 2020 ’n mentorskapprogram vir belowende jong Afrikaanse en Engelse skrywers aan wat hulle met die kortkuns besig hou. Voornemende deelnemers kan nou aansoek doen.

Persvrystelling: Wêreldgebeurtenis in Afrikaanse filosofie

LitNet Boeke en skrywers 2020-08-14

Die verskyning van Middeleeuse filosofie, ’n reusewerk van oor die 1 600 bladsye in twee volumes, vergestalt die lewenswerk van Johann Beukes, spesialisnavorser in hierdie dissipline aan die Universiteit van die Vrystaat se Departement Filosofie.

Boekklubs, boeke lees en boeke praat ten tye van ’n pandemie

Ingrid van der Walt Leeskringe 2020-08-14

"Boekklub, leesgeselskap, leeskring. Daar is die tegniese verskille, ja, maar in die tyd van korona is daar een ooreenkoms ongeag: Ontmoet aanlyn of dan nie meer nie."

Top