Pasverskyn: Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver

  • 3

Titel: Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere
Skrywer: MA Cluver
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309857

Suid-Afrika het ’n ryke rekord van prehistoriese diere en plante in verskeie rotsformasies. Hierdie boek bevat spesifiek inligting oor die Karoo se plek op ’n vroeëre, baie anderse planeet Aarde, sowel as die uitsterwings wat voorgekom het in die lang tydperk waarin die antieke Karoodiere die bewoners was van wat nou ’n groot deel van die hedendaagse Suid-Afrika is. Die fossielrekord van die Karoo is die enigste in sy soort en die bron van voortdurende verkenning en navorsing. Ook vertel ons fossielrekord ons baie oor klimaatsveranderinge en die vorming van die hedendaagse kontinente. Die skrywer hoop hierdie boek help om’n groter bewustheid van hierdie aspek van ons verre verlede by hoërskoolleerders te kweek.

  • 3

Kommentaar

  • Gerrit Boonstra

    Ek ken vir Mike Cluver en is aangenaam verras dat hy hierdie boek gepubliseer het. Hy het my pa opgevolg as paleontoloog by die SA museum in Kaapstad. Ek sal sy boek beslis koop en bestudeer en dit met hom bespreek, maar ek kan al by voorbaat dit sterk aanbeveel.

  • Gerrit Boonstra

    My pa was sy lewe lank die hoofpaleontoloog by die SA museum in Kaapstad en Mike Cluver het hom opgevolg. Nadat Mike die Direkteur van die Museum geword het, is hy deur Jurie vd Heever as paleontoloog opgevolg. Ek ken beide persone en hoewel ek nie 'n natuurwetenskaplike is nie, het ek n lewendige belangstelling in paleontologie. Daarom wil ek Mike se boek koop. Ek sal besonderhede waardeer. Gerrit Boonstra, 064 682 0929.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top