Nuut by PRH/LAPA | New books by PRH/LAPA

  • 0

Penguin Random House en LAPA deel hulle nuwe boeke vir Februarie 2021.
Penguin Random House and LAPA share their new books for February 2021.


Fiksie | Fiction

Lyfskap
Saamgestel deur Sophia Kapp  en Leonie van Rensburg
9780639605258

“Liefde, welke soort ook al, kom nooit alleen nie.”

’n Versamel erotiese verhale oor die liefde, wellus, genot, soete verleiding, passie, honger en vlamvat.

Deur skrywers soos Maya Fowler, Joan Hambidge, Zirk van den Berg, Fanie Viljoen, Riana Scheepers, Jan Vermeulen, Irna van Zyl, Hans Pienaar, Marion Erskine, Leon van Nierop en Kerneels Breytenbach.


At the edge of the desert
Basil Lawrence
9781485904090

In the Namibian harbour town of Lüderitz, a liminal space where desert meets ocean, a terrible history is made intimate and personal when filmmaker Henry van Wyk must confront a childhood tragedy that has moulded his life.

 Having returned to his birthplace in an attempt to get his career back on track, Henry struggles to complete a documentary he is working on. He whiles away his mornings swimming in a nearby tidal pool on Shark Island, and finds himself increasingly drawn to the small town and its romantic possibilities.

But the tranquil land hides a bloody history: Shark Island was once the site of a concentration camp, and a law firm is suing the German government for their role in the genocide of Namibia’s indigenous people.

When Henry begins to interview the survivors’ descendants, their testimonies compel him to search the desert for a mass grave.

At the Edge of the Desert  is a meditation on loss, isolation and love, which asks us to consider the implications of telling someone else’s story.


You never really know
John Hunt
 9781415210611

One lowly barista. One coffee-drinking dictator. John Hunt’s playful and damning satire on political power.

 Meet our young hero Cappuccino – barista to the President – who’s never lived anywhere other than in the big man’s compound. Left in the care of Maria-I’m-not-your-mother when his real mom died, Cappuccino spent his boyhood in the laundry room before receiving his true calling.

 From behind his impressive chrome coffee machine, Cappuccino is a fly on a very important wall. And, more importantly, he is in love with the captivating Naomi, an assistant to the President.

 But life is about to serve Cappuccino a bitter cup when he finds the Minister without Portfolio – and moral compass to The Boss – dead in the presidential home.

 Filled with warm humour, John Hunt’s novel serves up a double shot of pathos as it moves from playful satire to true tragedy whilst examining the inner workings of power.


Diep spoor
Jeanette Stals
9781485904304

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Lojaliteit word getoets en inbors word beproef.

Katrien is ’n sensitiewe waterverfskilder. Sy en haar man, Stefaans, wou vir hulle ’n lewe op ’n plaas op die Oosgrens maak. Maar toe teëspoed hulle tref, word hulle deel van Hendrik Potgieter se trek na die binneland.

Dina, ’n slavin, is Katrien se grootste vertroueling. Sy trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste moet bewaak.

Thabisa is deur haar man verwerp. Ook sý is deel van Katrien se kring. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging na Dingaan aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat sy voorganger, Shaka, haar familie aangedoen het. In die loop van die geskiedenis laat hierdie drie vroue diep spore.


Brandmerk

Christelle van Rooyen-Wessels

9781485904342

Hy kan eerlik sê kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy ’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar half onder die stuurwiel in. Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy neem aan hy het bespeuring ontglip. Hy gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nè.

 ’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.

 Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean – eens Francke – waar sy as maatskaplike werker by Veilige Hawe op die dorp in die Kalahari werk. Klara het die stukkies van haar lewe opgetel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en ’n oulike vierjarige. Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.


Die duiwel maak my hart so seer

François Bloemhof

9780639605982

Dis 1981 en die maand is Januarie. Wie is so duiwels om die Van Biljons so te teister? Dit is soos die plae van Egipte – maar het reeds met die eersgeborene se dood begín. Dis ’n hartseer saak. ’n Saak van gebed. En dit is ’n saak vir Ludo Labuschagne, die anti-held (hy is ook anti-werk en anti-verantwoordelikheid) wat uiteindelik sy doel in die lewe vind: om raaisels op te klaar. Weg met gewone polisieprosedures. Weg met forensiese toetse, selfone, die internet, CCTV-kameras, GPS en die ander dinge wat regte speurwerk vervang het. Weg met alles wat jy geleer het om te verwag ...


Stillewe
Marie Spruyt
9780639605944

In ’n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy ’n brief van haar oupa. Dié versoek dat ’n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucasgesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op ’n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos ’n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.


Niefiksie | Nonfiction

Armand Kook Kaal: Volume 2 – 50 Banting Resepte
Armand Aucamp
9780639600871

Hier’s Armand weer, sonder klere voor jou deur…

Armand se eerste kookboek was ’n wegholsukses. Sy toeganklike benadering tot kos het baie mense oortuig van ’n nuwe manier van eet én leef – vars, onopgesmuk, met sakpas-bestanddele in die keto- en banting-styl. Sy boek het gewys: Van lekker eet kom gesondheid en optimale gewig.

In sy nuwe boek stroop Armand sy gunstelingdisse (en homself) nog verder. Sy selfopgelegde uitdaging was om bestanddele wat reeds in sy koskas was, te gebruik. Dié kreatiewe verkennings lei tot ’n ‘van-plaas-tot-tafel’-aanslag wat wys dat die smaaklikste en gesondste kos eenvoudige kos is.

Armand Kook Kaal 2 bestaan uit 50 banting- en keto-vriendelike disse. Stap-virstap, en met pragfoto’s daarby, wys Armand hoe om heerlike disse te skep uit vars bestanddele sonder om die skaal of beursie te laat ly.

Voeg Armand se keto-kruierolletjies, murgpamoen-röstis, en klappermelkpanna cotta tot jou kookarsenaal toe en pluk die vrugte.


Vir die jongmense | For the young ones

Coucou, Lulu
Fanie Viljoen
9780639600765

Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy gemaak het, raak weg en arriveer nooit in Parys nie! Lulu en haar vriende en familie moet inderhaas ’n plan maak, maar Lulu is op die punt om moed op te gee. Kan sy nog ’n suksesvolle modevertoning doen en haar drome laat waar word?


Jy sê, Ek sê, Ons sê
Saamgestel deur Marita van der Vyver
9780799397925

Verse vir tieners deur tieners.

In hierdie unieke boek is versies opgeneem wat deur hoërskoolleerders geskryf is. Marita van der Vyver, bekroonde skrywer van Al wat ek weet, het die leerders begelei tydens die skryfproses.

’n Voorbeeldversie:

Is jy regtig lief vir my?
Want jy’t nog tyd om rond te gly

Is jy regtig lief vir my?
Want jy laat my keer op keer seerkry

Is jy regtig lief vir my?
Just let me know and I’ll let you stay


Lea lief uile: Muisvalle en maanmelkskommels
Cecilia Steyn
9780639604190

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed! Daar is ’n probleem in Lea-hulle se dorp: die uile is besig om dood te gaan! Terwyl al Lea se maats net dink aan die opwindende nuwe restaurant wat oopgemaak het, probeer Lea en haar ouers uitvind wat die uile doodmaak. Vinnig kom hulle agter: die dorp het ook ’n muisplaag en almal probeer van die muise ontslae raak! Is hierdie dinge dalk alles verbind, en wat kan Lea doen om al die diere te red?


Professor Fungus omnibus 2

Jaco Jacobs

9780639601793

Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer ’n blikbrein wat buite beheer is, maak kennis met ’n klomp vreemde ruimtewesens, ontmoet ’n skurk met ’n nare breinspoel-plan, duik saam onderwater op soek na ’n eienaardige seegedierte … en veg saam teen ’n weermag tuinkabouters!

Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

  1. Professor Fungus en die robotkrisis
  2. Professor Fungus en die jelliemonsters van Mars
  3. Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment
  4. Professor Fungus en die diepsee-dilemma
  5. Professor Fungus en die vreeslik gevaarlike tuinkabouter

Romanza

Eintlik alles
Marilé Cloete
9780639605906

What happens in Vegas, stays in Vegas. Wanneer Miela Karoo toe trek om haar tante by te staan, kom sy gou agter dié ou gesegde geld nie noodwendig hier nie. Haar impulsiewe besluit spook by haar in die vorm van Johannes, haar tante se nuwe buurman en Miela se destydse bruidegom. Johannes beweer dat hulle huwelik geldig is en dat hy nie wil skei nie. As binnehuisversierder kry Miela die geleentheid om haar droom te bewaarheid en haar eie besigheid te begin, maar hoe kan sy permanent in die Karoo bly as sy daagliks herinner word dat sy net een woestyn vir die ander verruil het, en steeds vlinders in haar maag kry wanneer Johannes in die omtrek is?


Hart van ys
Didi Potgieter
9780639605869

Emily Williams is die ruggraat van die Steely Sisters. Koel, professioneel en nooit emosioneel nie. Sy het wel een swak plek: Louis Smith, haar hoërskoolliefde en die eienaar van ’n kroeg in haar tuisdorp. Die nuwe jaar begin nie goed vir Emily nie. Haar halfbroer en beste vriendin raak verloof en sy moet help troue reël terwyl hulle aan hul nuwe album werk, daar is ’n pragtige vrou van New York aan Louis se sy en haar ma is op die punt om ʼn smerige biegboek oor Emily se verlede te publiseer. Louis het sy eie probleme, maar die grootste een is dat hy steeds hopeloos verlief op Emily-die-ysprinses is.


Omdat jy die een is
Elsa Winckler
9780639605883

Karina Erasmus geniet dit om saam met haar susters betrokke te wees by haar ma se besigheid en as fotograaf te werk. Tyd vir ’n man, veral een wat haar so ontstig soos Conrad Vissser, is daar nie. Die een afspraak wat sy met hom gehad het, was loshande dié goorste een waarop sy nog was. Conrad Visser weet sedert sy tienerjare hy is nie die soort mens op wie iemand anders kan staatmaak nie, daarom het hy twee reëls waarvolgens hy lewe: moenie verlief raak nie en hou mense op ’n afstand. Sodoende kan hy niemand teleurstel nie. Totdat Karina Erasmus met haar lang bene en donker hare sy reëls kom breek.


Tweede viool
Salma Swanepoel
9780639605920

Martlie haat haar werk, maar sy sal enigiets doen om te verseker dat haar sussie die geleenthede kry wat syself nooit gehad het nie. Al is dit om papegaaiwerk te doen. Dit help natuurlik ook nie dat sy lyk en voel soos ’n lawwe, veelkleurige parkiet tussen ’n klomp stemmige African Greys nie. Sy sou veel eerder heeldag heerlike geregte in ’n spogkombuis optower, maar sy is al so gewoond daaraan om tweede viool te speel dat dit haar eintlik nie meer pla nie. Haar kwaai baas, Jaco, is egter iemand om mee rekening te hou. Hy is onvriendelik, ongeduldig en ongelooflik aantreklik. Sy kan nie eens meer haar vervelige werk in vrede doen nie!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top