Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Pasverskyn: Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser
2020-08-28Stela word aangestel om ’n moeilike tiener tuis te onderrig. Maar Pavo (oftewel, die plek van poue) is nie ’n doodgewone plaas nie. Loop haar verbeelding met haar weg, of moet sy ag slaan op waarskuwings oor Pavo en sy mense?
Invalsblad: Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid
2020-08-27Die skrywer Elsa Joubert is op Sondag 14 Junie 2020 oorlede. Haar herdenkingsgeleentheid is op Saterdag 4 Julie 2020 aanlyn aangebied. LitNet publiseer hiermee sommige van die huldeblyke hier gelewer, wat elk uit eie reg ’n soort tydsdokument is. Die indeks is nou bygewerk met nog verdere bydraes.
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Hein Willemse se bydrae
2020-08-27"Dit was ’n voorreg om Elsa te ken, en ons sal nog vir jare oor haar intellektuele bydrae tot die letterkunde in Suid-Afrika en veral in Afrikaans praat."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Henriëtte Latsky se bydrae
2020-08-27"Vaarwel liewe Ma – ek hoop die nuwe avontuur oortref al Ma se verwagtinge."
Jeremeo Le Cordeur gesels oor die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020
2020-08-27"Ek het die huis met skrywers van kleur gedeel en dit het ruimte gebied vir ingewikkelde gesprekke en die deel van verskeie perspektiewe. Die konfrontasie van perspektiewe was uitdagend, maar wel ’n uiters lonende prosedure."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Ena Jansen se bydrae
2020-08-27"Sy het die gawe gehad om ’n 'plain tale', om alledaagse werklikhede, dwingend te vertel; om swaarkry en onreg, pretensie en harteloosheid, angs en liefde aan haar lesers voor te hou."
Reader impression: Prisoner 913 by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet
2020-08-27"Loose talk, especially pillow talk, can be dangerous. In the arms of a lover, Nelson Mandela’s wife, Winnie, whispers that Nelson will be visiting Durban."
Skoon wasgoed-rubriek: ’n Ster word gebore
2020-08-27"Dit was duidelik hier was iets buitengewoons aan die gang. Die titel was Griet skryf ’n sprokie. Dit was 1992."
Mentor Rachelle Greeff sien uit na LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool
2020-08-27"Skryf is skryf is skryf, het Deon Meyer vroeër vanjaar vir studente gesê. Dit moet helder, opwindend, energiek, interessant en prikkelend wees, want jy wil jou leser verlei om enduit te lees. En dit geld vir fiksie en niefiksie."
Persverklaring: inskrywings sluit vir NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021
2020-08-27Die inskrywings vir NB se Groot Afrikaanse Romanwedstryd het pas gesluit en NB-Uitgewers kondig met trots aan dat ’n rekord aantal inskrywings ontvang is. Altesaam 95 inskrywings is ontvang, teenoor die 90 inskrywings van 2018.
African Library: Behold the dreamers by Imbolo Mbue
2020-08-26"Permeated as it is by compassionate irony, this is a deeply satisfying novel, a narrative that feeds the soul and expands the understanding."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Annari van der Merwe se bydrae
2020-08-26"Dit is vir my wonderlik dat ná al die jare van vriendskap ons gesprekke nooit in net ditjies en datjies verval het nie."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nico Steytler se bydrae
2020-08-26"Sy was ’n bruisende lewenskrag wat vir my, en ook vele ander, diep geraak het."
Persverklaring: kykNET-Rapport 2020 – kortlyste vir resensiepryse bekend
2020-08-26Vier LitNet-resensies is deel van hierdie oes! Die kortlyste is bekend gemaak vir vanjaar se kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2019 verskyn het.
Korona-kortverhaalfees: Elias P Nel oor “Die heks van Gelukspoort”
2020-08-26"Kontreikuns werk egter baie goed wanneer dit universele kwessies wat die mensdom oor die eeue heen interesseer, aanspreek."
Aanspreeklikheid: ’n onderhoud met Jaco Fouché
2020-08-26"Dit moenie nodig wees vir ’n skrywer om te sê: Ek is nie soos die karakter nie. En terselfdertyd is jy natuurlik inderdaad soos daardie maaksel van jou. Jy plaas jouself in die vel van iemand wat seker boos is. Jy lig jou eie boosheid na die lig en staar deur die dun porselein na die son."
Uitnodiging: Ronelda S Kamfer gesels met Lynthia Julius oor Uit die kroes
2020-08-24Jy word vriendelik uitgenooi na ’n gesprek tussen Ronelda S Kamfer en Lynthia Julius op Donderdag 27 Augustus om 18:00. Hulle sal oor Lynthia se digbundel Uit die kroes gesels.
Middeleeuse filosofie: ’n onderhoud met Johann Beukes
2020-08-21"Dit is die soort filosofie, synde (vir my) opnuut wysbegeerte, wat sedert twee dekades gelede ’n aanspraak op my hele wese gerig het: Ek het sedertdien net een begeerte en dit is om die metafisies beste in filosofie as (vir my) ten diepste ’n hermeneuties-ideehistoriese dissipline tot uitdrukking te bring ..."
LAPA: Ware Noord deur Elsa Winckler – ’n video
2020-08-21In hierdie video verduidelik Elsa hoe die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes haar geïnspireer het om hierdie verhaal te skryf.
Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met De Wet Hugo
2020-08-21Johannes Meyer, ’n dertienjarige leerder aan Laerskool Stellenbosch, gesels met De Wet Hugo oor sy jongste boek, Die gevaarlikste speletjie op aarde.
