Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n resensie

Kobus Krüger Resensies 2020-10-02

"Hierdie land dryf ’n krisis binne waarin die toekoms van die Westers-gewortelde kulturele tradisie, en van Afrikaans as ’n draer daarvan, nie vanselfsprekend is nie. In hierdie situasie is Johann Beukes se Middeleeuse filosofie van die grootste relevansie, verlede-waarderend en -bevestigend, en so toekomsskeppend."  

Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort

Melt Myburgh, Leonie van Rensburg Onderhoude 2020-10-02

"Uitgewers begin ook nou die kleinhandelmark betree, wat vir boekwinkels nie goeie nuus is nie. Ons verskaffers word nou ons mededingers en ek dink dit is baie sleg vir boekwinkels."

COVID-19: as die biblioteek agter slot en grendel is

Gerda-Marié van Rooyen Boeke en skrywers 2020-10-01

"Hoewel al die biblioteke oor die land heen nog nie oop is sedert die instelling van die grendelstaat nie, en dié wat wel oop is dinge op ’n aweregse manier doen, hoef dit geensins ywerige lesers en luisteraars van boeke morbied te laat nie, want daar is baie opsies om ’n leeslus mee te stil."

Persverklaring: orale stories herleef in die kuberruim

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-10-01

BiB, ’n splinternuwe oudioteek, maak haar deur oop. LAPA is baie trots om ons boeke te kan sien én hoor in hierdie nuwe ruimte.

Prisoner 913: The release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet

Bill Nasson Books and writers 2020-10-01

"A detailed and intricately plotted reconstruction of the actions surrounding the eventual release of Nelson Mandela from prison, Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet’s Prisoner 913 has some of the attributes of a good political or contemporary historical thriller – atmosphere, suspense, intrigue, surprise and double-dealing."

As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel

Izak de Vries Resensies 2020-09-30

"Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief."

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres Onderhoude 2020-09-29

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Johannes Meyer, Fanie Viljoen, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2020-09-29

In hierdie Zoom-gesprek praat Fanie Viljoen met Izak de Vries en Johannes Meyer oor Fanie se jongste boek – die grafiese roman, Laaste lewe.

Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub

LitNet Leeskringe 2020-09-28

Literaal is ’n lit nuwe boekklub wat landsgrense oorsteek en wil brûe bou tussen lesers van Suid-Afrika, Nederland en België. Die eerste gesprek  vind op 1 Oktober om 16:00 plaas op Zoom.

Kortlys bekend vir Helgaard Steyn-prys vir Skryfkuns | Helgaard Steyn Award for Literature shortlist announced

LitNet Boeke en skrywers 2020-09-28

Vanjaar se toekenning word gemaak vir skryfkuns, en enige Afrikaanse werk – fiksie of niefiksie – wat tussen 2016 en 2019 verskyn het ... kom in aanmerking.

Fresh off the press: The lie of 1652 by Patric Tariq Mellett

LitNet Jonathan Ball-portaal 2020-09-25

In this radical critique of established pre-colonial and colonial history, Mellet centres land dispossession, the destruction of livelihoods and the brutality of slavery in South Africa.

Donker web deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Anke Theron Resensies 2020-09-24

"Die kuberruim met al sy wonders en gevare was die laaste paar maande gereeld in die kollig met COVID-19 en die grendeltydperk. Almal moes leer hoe om deur die internet vergaderings te hou, met geliefdes te kommunikeer en kinders wat tuis moes probeer leer. Hier is dus iets vir lesers van enige ouderdom."

Erfenismaand en ’n gedenkboek aan Hoërskool Franschhoek: bydraes versoek

Elkarien Fourie Boeke en skrywers 2020-09-24

Die skrywers wil baie graag hoor van enigeen, soos oudleerlinge of -onderwysers, wat in Erfenismaand ’n bydrae wil maak tot die ideaal van ’n geskiedenisboek oor Franschhoek se skool.

Plek van poue as Gotiese roman

Gerda Taljaard-Gilson Resensies 2020-09-23

Die Gotiese roman is nie net veronderstel om “genotvolle verskrikking” te bied aan lesers met ’n morbiede fassinasie met die dood en die makabere nie, maar die Gotiek spreek ook dikwels op indirekte wyse sosiale euwels aan.

Skoon wasgoed-rubriek: Daardie goue naald in die hooimied

Frederik de Jager Rubrieke 2020-09-23

"Die publikasie van Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe, het ’n sonderlinge nuwe skrywerskap in Afrikaans aangekondig."

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

Naomi Meyer, Carel van der Merwe Skrywersonderhoude 2020-09-23

"Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee."

Finding architectural heritage in Hidden Pretoria

Penguin Random House South Africa Books and writers 2020-09-22

The architectural heritage of Pretoria embodies the interaction between people, place and politics that shaped the city over time within its particular historical and geographical context. Hidden Pretoria places the buildings of our capital city in the spotlight. Although Pretoria often receives less attention than Cape Town and Johannesburg, its architecture is equally remarkable and its history is central to the broader South African narrative.

Wini se Krismisboks vol stories!

Melt Myburgh, Wini Esterhuizen Skrywersonderhoude 2020-09-22

"Ek glo mos ’n mens moenie sonde in alles probeer sien nie. As jy ’n vurk sien lê, is daar nie noodwendig ’n duiwel naby nie!"

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg

Naomi Meyer, Zirk van den Berg Skrywersonderhoude 2020-09-21

"Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis."

Ons erfenis: Internasionale boekklub soek naam

LitNet Skole 2020-09-21

Lesers wat belangstel in letterkunde wat die grense oorspoel, of wat graag deur die blaaie van boeke wil reis, word genooi om te deel ’n boekklub wat geskep word om jonger lesers in Suid-Afrika bekend te stel aan Nederlandstalige boeke. Ons soek ook ’n naam vir dié klub.

Top