Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Voëlvrou deur Marlize Hobbs: ’n resensiebrief

Nadine Petrick Resensies 2020-10-13

"Jy gooi jou pyn uit soos ’n toordokter sy dolosse. Jy verklap jou seerkry soos ’n pasiënt op haar shrink se couch. Jy spook by dié wat jou en ander magteloses te na kom."

Maggie: My lewe in die kamp deur Maggie Jooste: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2020-10-12

"En hoe dankbaar kan ons wees vir Maggie Jooste wat hierdie intieme kykie op haar swaarkry met ons deel. En nog dankbaarder dat dit bykans 60 jaar later in boekvorm uitgegee word."

Landbou Boerekos – die beste gebak deur Arina du Plessis: ’n resensie

Armand Aucamp Resensies 2020-10-12

"Kos is die een ding wat ons almal, oor grense heen, binne enkele sekondes in ’n oomblik kan plaas: ’n reuk, ’n smaak, ’n gevóél … nostalgie! En dit is presies wat Arina in haar boek so perfek regkry."

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2020

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2020-10-09

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake

Izak de Vries, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2020-10-08

"Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie."

Pasverskyn: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-08

Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in ’n distopiese staat. Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.

Merk deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Riette Rust Resensies 2020-10-08

"Merk is hoogs toeganklike leesstof. Dis trouens een van die boeiendste ervarings wat jy in ’n lang tyd sal hê."

Slagoffer deur François Smuts: ’n resensie

Jean Meiring Resensies 2020-10-08

"’n Mens hoop dat die verhuisingsmanne volgende keer versigtiger sal dra en dat Smuts nóg sierpotte en erdewerke, keurborde en fyn glas het om aan te bied."

Nuwe boeke | New releases | Penguin Random House SA

Penguin Random House South Africa PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-10-07

Penguin Random House South Africa stel hulle Oktober-boeke bekend. | Penguin Random House South Africa presents their October releases.

Virtuele boekbekendstelling: Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-07

Jy word hartlik uitgenooi na die virtuele boekbekendstelling van Gewone taal: ’n oorsig deur Eleanor Cornelius op 13 Oktober 2020 om 18:00. 

Johan Myburg (1957–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2020-10-07

“Vir poësie is digters nodig. Vir poësie is lesers nodig. Lesers wat poësie lewend wil hou.”

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

Naomi Meyer, Stephan Joubert Skrywersonderhoude 2020-10-07

"Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee."

Uitnodiging: virtuele oorhandiging van die 2020 UJ-pryse vir Afrikaans

LitNet Boeke en skrywers 2020-10-07

Die kantoor vir Meertalige Taaldienste by die UJ nooi jou vriendelik uit om vanaf 16 Oktober 2020 na vanjaar se virtuele oorhandiging van die 2020 UJ-pryse vir Afrikaans op LitNet te kyk. 

Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2020-10-06

"Die opstand van Poppie Nel is ’n belangrike werk, ’n seminale roman wat geskryf móés word."

Nuut by LAPA | New Books from LAPA

LAPA Uitgewers PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-10-06

LAPA Uitgewers het pas hulle nuwe boeke van Oktober 2020 bekendgemaak.

Skoon wasgoed: Die X-faktor van Ena Murray

Frederik de Jager Rubrieke 2020-10-06

"Ena het ’n manier gehad om intiem in die binneoor van die leser te praat. Asof die verteller in haar boeke ’n groot geheim met net jou, die leser, deel. Dikwels het dit ’n skindertoon aangeneem, wanneer sy van die skandalige optrede van die een of ander karakter vertel."

Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

Izak de Vries, Hannes Barnard Skrywersonderhoude 2020-10-05

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak.

Hans gee Herklaas horings deur Rudie van Rensburg

Maryke Roberts Resensies 2020-10-05

"Mag ek ook kan oudword soos Hans van Kraaienburg – sonder die safaripak en Crocs natuurlik – maar met dieselfde onblusbare lus vir die lewe; vir lekker uiteet, ’n whisky drink en nie gaan lê nie, selfs nie eers as almal om jou kla en kerm nie."

Somtotaal deur Anchien Troskie – die somtotaal van ’n lewe uitgebeeld

Elbie Adendorff Resensies 2020-10-05

"Uiteindelik is Somtotaal die verhaal oor liefde: liefde tussen vriendinne, vakansieliefde, liefde tussen man en vrou, liefde tussen ’n ma en haar kinders, liefde vir jou instaan-ma wanneer jou ma sterf, liefde oor die kleurgrens."

Fresh off the press: Hidden Pretoria by Johan Swart and Alain Proust

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2020-10-02

This book captures remnants of our diverse heritage so that a new generation might recognise the need to embrace the past in order to build our shared future.

Top