Pasverskyn: ’n Baie lang brief aan my dogter deur Marita van der Vyver

  • 1

Titel: ’n Baie lang brief aan my dogter
Skrywer: Marita van der Vyver
ISBN: 9780624090014
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Maart 2021

’n Baie lang brief aan my dogter is Marita van der Vyver, een van Afrikaans se mees geliefde skrywers, se ontroerende jeugmemoires. Dit is ’n speurtog deur die skrywer se beginjare, maar dit is ook ’n liefdesbrief aan ’n dogter en ’n taal en ’n land. En bowenal is dit ’n ma se poging om sin te maak van hierdie onverskillige en wrede wêreld waarin sy haar nou begewe.

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Arrie de Beer

    Gerekende resensente sal wel heelwat oor hierdie wonderlike brief te sê hê, so ek kan maar net sê die boek is vir terugsit in jou tuin, langs die see op 'n bankie, in jou woonkamer met die TV af, of sommer op enige plek waar jy kans kry`.

    Dit is 'n lewensboek.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top