Promosieteks: Eendagsblom deur Jacques le Roux

  • 0

Titel: Eendagsblom
Skrywer: Jacques le Roux
ISBN: 9781928518921
Uitgewer: Naledi

Dié promosieteks is deur ’n onafhanklike instansie opgestel vir plasing op LitNet.

Die verhaal speel af in die tydperk 1998 tot 2000.

Hierdie verhaal van liefde en geweld speel af teen die agtergrond van dwelmgebruik en bendegeweld.

Kara de Lange het as 10-jarige die skietdood van haar broer aanskou en dié emosionele trauma lei tot sowel emosionele- as huweliksprobleme. Sy en haar man, Johan, besluit dat sy ’n paar dae by haar vriendin Jackie op Montagu gaan kuier om meer perspektief te kry.

Hier ontmoet sy vir Armand, ’n skrywer wat aanvanklike sukses behaal het, maar wat jare laas ’n boek uitgegee het. Die wederkerige aantrekkingskrag tussen Kara en Armand is egter gekompliseerd. Sy worstel nog met die emosionele nalatenskap van trauma terwyl hy daarenteen uiters gesteld is op sy privaatheid, leefstyl en behoefte aan ’n ongekompliseerde, geroetineerde lewe. Hy bewaar sy emosies dig binne hom.

Die titel

Die titel dui op die vlietende aard van sommige liefdesverhoudings, en die beduidende impak wat dit op die persoon se lewe kan hê.

Die skrywer

Jacques le Roux praktiseer as sielkundige in Kaapstad. Na ’n tydperk wat hy as sielkundige offisier in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gewerk het, begin hy in 1996 voltyds as privaatpraktisyn te praktiseer. Hy spesialiseer in traumaberading, asook rou- en verliesterapie. Sy debuutroman, Donker Bloeisel (Naledi), verskyn in 2019. Donker Bloeisel is tans in sy tweede druk.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top