Persvrystelling: Die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie 2021

  • 0

(Vir digdebute met ISBN)

Digters of hul uitgewers word uitgenooi om in te skryf vir die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie van 2021.

Voltooi asb die aangehegte inskrywingsvorm en besorg dit saam met drie eksemplare van die digdebuut wat in die jare 2019 of 2020 verskyn het en volgens die reglement (hierby aangeheg) vir die Ingrid Jonker-prys in aanmerking kom, aan:

Die Ingrid Jonker-pryskomitee

P/a Protea Boekwinkel
Bergzicht Plaza
Andringastraat
Stellenbosch
7600

Stuur dit asseblief per koerier, nie gewone pos nie; of lewer die pakkie af.

E-pos asseblief ook die inskrywingsvorm aan die sameroeper van die komitee, Ronel de Goede (Foster), by: rf@sun.ac.za

Let asb op dat die Protea Boekwinkel slegs as ontvangspunt van die bundels dien. Navrae moet nie aan Protea gerig word nie, maar aan Ronel de Goede. Die komitee is groot dank verskuldig aan die Protea Boekwinkel.

Die sluitingsdatum vir voorleggings is 1 Maart. Die kortlys sal teen 15 Junie bekend gemaak word en die wenner sal op 1 Julie aangekondig word. Inligting oor die prysoorhandiging sal later beskikbaar gestel word.

Hier is die reglement (laai af deur hierop te klik)

Hier is die inskrywingsvormohier (laai af deur hierop te klik)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top