Pasverskyn: Tesourus van Afrikaans deur LG de Stadler en A de Stadler

  • 1

Titel: Tesourus van Afrikaans
Samestellers: LG de Stadler, A de Stadler
ISBN: 9781868902132
Uitgewer: Pharos

Die splinternuwe heruitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee met meer as 140 000 inskrywings 'n uitstekende beeld van die besondere ontwikkeling en die wyse waarop die taal aangepas en gegroei het die afgelope 20 jaar. Dit ontsluit sinonieme, byna sinonieme, teenoorgesteldes, oorkoepelende woorde en wys betekenisverhoudinge tussen woorde uit. Vir diegene wat in Afrikaans belangstel en die taal effektief wil gebruik, is dit 'n besondere instrument. Die duisende woorde is in 855 kategorieë gerangskik.

  • 1

Kommentaar

  • Corlietha Swart

    Dankbaar oor elke tesourus en woordeboek in Afrikaans wat (nog) hersien en heruitgegee word - veral die ou, vertroude staatmakers (soos die Tesourus van Afrikaans, die AWS, die HAT, ens.) wat op 'n tyd 'n ereplekkie in vele huishoudings (met skoliere en studente in die huis) ingeneem het ...
    Doen zo voort!
    Met dank
    Corlietha Swart

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top