Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Blydskap in moeilike tye: ’n onderhoud met Johannes de Villiers
2020-05-15"Baie mense, as hulle sien daar is ’n boek oor blydskap, dink dit gaan alles net oor 'vrolik' wees. Hulle dink blydskap is vrolikheid, reënbogies, voëltjies wat sing, pienk spookasem … Maar blydskap is eintlik ’n veel meer diepgaande ding."
Pasverskyn: Vers & vrou deur Karen de Wet
2020-05-14’n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue – en vir dié wat met vroue leef.
Skrywersonderhoud: Anel Heydenrych oor Die afloerder en haar liefde vir stories
2020-05-13"Die wêreld is waansinnig en min dinge maak regtig sin. Miskien gee skryf vir my die geleentheid om ’n bietjie struktuur te skep – orde in die chaos?"
Lesersindruk: Wit Wolf deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp
2020-05-13"Die boek is aan die een kant ’n biografie van Stefaans Coetzee, maar dit is ook ’n motiveringsboek. Dit is ’n boek van hoop en versoening."
Gratis Pad na jou hart-werkkaarte vir die klaskamer
2020-05-12Gratis les-idees en aflaaibare werkkaarte gebaseer op die Afrikaanse film Pad na jou hart, met die komplimente van Best Books (NB-Uitgewers).
Korona-kortverhaalfees: Jan van Tonder oor “Pa, Ma en die liefde”
2020-05-12"Skryf is my allesoorheersende liefde. Die genre wissel. Die afgelope jare hou ek meer van romans, maar ek word soms verlei om iets anders aan te pak – aandagafleibaarheid synde een van my vele tekortkomings."
LAPA: Mei goeiste, beste boekwinkel! | May you be good to bookstores in May
2020-05-11Lees hier watter nuwe boeke in Mei by LAPA verskyn.
Lesersindruk: Klaskamer deur Vita du Preez
2020-05-08"Alles in ag genome was Klaskamer iets anders, ongewoon, maar ek het gesukkel om deur te druk en die boek klaar te lees."
Pasverskyn: Help! My kind is anders deur Christien Neser
2020-05-06Help! My kind is anders is ’n praktiese gids wat jou met ’n gereedskapkis toerus om van jou en jou kind ’n kampioenspan te maak!
Life and times of Michael K: A reading experience during lockdown
2020-05-06"Michael K, seen by others as a simpleton with a harelip, outwits those who capture him by his passive resistance and his search for survival in a world in which we are eminently alone."
E-boeke: Afrikaans word "dood gesteel"
2020-05-06"Sommige beskou hulleself as Robin Hood-figure wat van die rykes (dis nou skrywers) steel en vir die armes uitdeel; hulle weet natuurlik hulle is rowers, hulle het dit net gerasionaliseer."
Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan
2020-05-06"Om op ’n plaas groot te word was ’n reusevoorreg, maar ’n ontsettende onreg teenoor die baie grondloses in ons land. Dit is hierdie teenstrydigheid wat die fassinasie bring, want hoekom is so ’n idilliese plek dan ook ’n onreg?"
Resensie: ’n Spook in die huis deur François Loots
2020-05-06"’n Mens se ervaring van die roman sal grootliks afhang van jou geduld met Kafkaägtige narratiewe truuks en surrealistiese beelde en gebeure."
Kwarantynketting: "As whiskey en kombuisseks ’n gewoonte raak" deur Erla-Mari Diedericks
2020-05-05Die tema wat hier bespreek word is volwasse inhoud. "Ek drink elke oggend whiskey in my koffie en ek is so besig met seks dit kom by my ore uit."
Kwarantynketting: "Eers die ritme, later die woorde" deur Cas Wepener
2020-05-05"Vir my is dit nog heeltemal te vroeg om woorde te hê vir die kwarantyntyd. COVID-19 laat almal tans deur ’n landskap reis waar nuwe ervarings opgedoen en onbekende ritmes beleef word. Wat die woorde ook al gaan wees om hierdie landskap mee te karteer, dit kan ons nog nie weet nie; wat wel seker is, is dat die ervarings en die ritmes nou van belang is om dit sinvol te kan doen."
Die Mabel Malherbe-leeskring is 80: Leeskring in die tyd van korona
2020-05-05"Die Mabel Malherbe-leeskring in Pretoria is vanjaar 80 jaar oud. As deel van die viering is ons besig om die geskiedenis van ons leeskring op te skryf." Lees Monica Hammes se eerste aflewering hier.
Resensie: thomas@-boekreeks: Omnibus 1 en 2 deur Carina Diedericks-Hugo
2020-05-05"Hierdie boekereeks is seker een van die lekkerste reekse om tydens ’n nasionale grendeltydperk te lees."
Review: Sing down the stars by Nerine Dorman
2020-05-04"Though the sticker on the back may say 'Young adult', I am inclined to believe that the heroine’s age and childish mannerisms, as well as those of her friends, point towards a much younger target audience."
Vergewe die letterkunde alles?
2020-05-04"Die Franse skrywer Gabriel Matzneff het miskien so gedink. Hy het immers nooit ’n geheim gemaak van sy voorkeur vir seks met minderjariges nie ..."
Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
2020-05-04"Die storie handel opsigtelik oor die dood – ’n lykbesorger en die huiweringswekkende wêreld van die begrafnisbedryf – maar dit is eintlik verbasend gepas dat so ’n aardige narratief uiteindelik heelwat te sê het oor die lewe, ten spyte van sy bemoeienis met die dood."
