Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Resensie: Porseleinskerwe deur Marié Blomerus
2020-06-04"’n Mens moet Porseleinskerwe rustig lees, ja. Die skrywer deel haar liefde vir die kleine en die alledaagse hier met die leser, en haar vertellings ontvou sonder haas."
Review: Leaving word by Steven Boykey Sidley
2020-06-04"It offers fascinating insight into a dying art – editing – and the industry that is killing it instead of treasuring it for what it can contribute to the wealth of our knowledge and the joys of our entertainment."
Resensie: Madness: Stories of uncertainty and hope deur Sean Baumann
2020-06-03"Sy epiloog oor die noodsaaklikheid van hoop laat jou besef dat in die donkerste tye van ons lewens, hoop nooit beskaam nie. En in ’n tyd in die wêreld wanneer dit soms voel asof alles mal geword het, is dit dalk die grootste boodskap wat hierdie boek by my laat."
Resensie: Dwaalgedagtes op ’n fiets deur Pieter Loots
2020-06-02"Die skrywer slaag daarin om fietsryers, oud en jonk, wat steeds droom van avonture, aan te moedig om nuwe uitdagings aan te pak en die langpad aan te durf."
Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal
2020-06-01"Is dit regtig moontlik om ten volle te kan vergewe? Dit is die eienskap van die mens wat my die meeste fassineer. ’n Storie het altyd twee kante. Nie noodwendig twee regte kante nie."
Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep”
2020-06-01"Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan."
Inskrywings ingewag vir die Helgaard Steyn-toekenning vir Afrikaanse skryfkuns
2020-05-29Inskrywings word nou ingewag vir die Helgaard Steyn-toekenning in skryfkuns vir 2020. Afrikaanse boeke deur Suid-Afrikaanse skrywers wat in die tydperk 2016 tot 2019 uitgegee is, word in aanmerking geneem.
Persverklaring: Kortlyste vir Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020 bekend
2020-05-29Media24 Boeke kondig met trots die kortlyste aan vir die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020.
Pasverskyn: Somtotaal deur Anchien Troskie
2020-05-28Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam grootgeword op ’n afgeleë plaas in die Oos-Kaap. Boesemvriendinne gewees – tot een dag van verraad. En nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self al ’n volwasse vrou, kom spook die verlede by Ester.
Is alles oraait byrie hys?: ’n Onderhoud met die stigter van Vannie Kaap
2020-05-28Met ’n Instagram-following van 181 000 en meer as 380 000 likes op hul Facebook page is Vannie Kaap, in hul woorde, ’n sosiokulturele beweging. As jy al gevra het of alles oraait by die huis is, het jy al Vannie Kaap se memes iewers gewaar/geshare. In Maart 2020 het Bernie Fabing, die stigter van Vannie Kaap, ’n memeboek by Kwela uitgegee getiteld, natuulik, Is alles oraait byrie hys? LitNet het vir Veronique Jephtas gevra om met Bernie Fabing te gesels.
Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys
2020-05-28"Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: 'Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap.'"
Legkaart van ’n jong lewe deur Dolf van Niekerk: ’n resensie
2020-05-27"Dit word ’n eie reis na ’n verlede met ’n ryke verskeidenheid van belewenisse en die blywende indrukke wat nog steeds vorm gee aan ’n groeiende bewussyn op hierdie pad."
Lesersindruk: Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, saamgestel deur Wendy Maartens
2020-05-27"Hierdie lekker storieboek is goed nagevors en bevat ’n ryk skat van verhale vir alle ouderdomme."
Lesersindruk: Grensgeval deur Marita van der Vyver
2020-05-26"Grensgeval is ’n eenvoudige verhaal oor ’n komplekse wêreld met ’n tydlose boodskap."
Michel Houellebecq en die virus
2020-05-26"Houellebecq dui aan dat die belewenis van die pandemie tegelyk angswekkend en mateloos vervelig is. Die historiese prosesse wat die afstand tussen mense vergroot, is volgens hom niks nuut nie – menslike verhoudings gee trouens lank al blyke van uitgedien wees."
Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe"
2020-05-25Marianne Vorster-Meyer oor die ander skrywer in die huis (Deon Meyer): "Hy is ’n fenomenale mentor wie se raad jy altyd onthou, bloot omdat hy dit so subtiel doen. Gelukkig weet ek hoe min ek weet. Ek luister en leer met my ego diep in my sak."
Kwarantynketting: "Burying Grandmother ‒ A lockdown diary" by Tanaka Chidora
2020-05-25"I remember writing about Grandmother and Grandfather in one of my poems in Because sadness is beautiful?. The two loved dancing. The dancing started with casual humming of a traditional tune soon after supper. The dancing would go on late into the night, so late that it would take the first cock’s crow to remind us that it was time to sleep."
"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen
2020-05-21"Ek weet nie of mense dit genoeg beklemtoon nie, maar ek sou nou, ná drie boeke, dit waag om te sê dis die storie, die interessante karakters, die opbou van spanning en die werk daaraan om verrassings in die plotlyne te skep wat krimiverhale uitdagend en opwindend maak."
Rita (JM) Gilfillan (1941–)
2020-05-21"Ek skryf, want dis op ’n sekere manier ’n bevestiging van ’n eie identiteit."
Pasverskyn: Uit die kroes deur Lynthia Julius
2020-05-20In Uit die kroes word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende wyse inkorporeer. Dit bevat gedigte wat die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis belig.
