Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Onderhoud: Leon Wessels gesels met Jean Oosthuizen oor die spoke van apartheid
2020-06-23"Suid-Afrikaners moet hul meerderwaardigheid oor Afrika eenkant toe vee. Daar is genoeg rede om realisties-optimisties te wees. COVID-19 bring groot stremming, maar bied ook geleentheid om nuut te dink en te doen. Dit vra waagmoedige leierskap."
Elsa Joubert (1922–2020)
2020-06-23"Die stroom van die lewe gaan so sterk en so vinnig verby. Deur woorde probeer ek ’n klein stroompie afkeer, ’n walletjie gooi, om te kyk hoe lyk dit as die water tot ruste kom." Elsa Joubert se LitNet | ATKV-Skrywersalbum-inskrywing is nou volledig met nuwe inligting bygewerk.
Racism by the book
2020-06-22"Is Niq saying what I think he is saying? That white judges will choose white winners? And, by implication, black judges will choose black winners? How else is one to interpret his quote, 'But when the judges are white, the people who win will be white'? The judging process is, at the best of times, a highly subjective act, and is not swayed by the race of judges."
Korona is erger na rook
2020-06-22"So hoor ons die ministers week na week sê. Maar hierdie pandemie-storie gaan net skramsweg oor rook. Dit het wel te doen met anagramme."
Korona-kortverhaalfees: Merle Grace oor "KleinKosie"
2020-06-22"Maar ek het eers in my laat twintigs ’n brief aan ’n nou bekende skrywer gepos, wat toe terugskryf en sê: 'Hoekom probeer jy nie ’n kortverhaal skryf nie?'"
"Ek wil hê die leser moet die pad saam met Clint Bonthuys stap"
2020-06-19"Clint was later nie net die hoofkarakter nie, hy het begin voel soos iemand wat saam met my op skool was. ’n Doodgewone matrikulant wat ook skelm agter die skoolsaal rook, probleme by die huis het en met meisies wat hom bewonder."
Inskrywings vir die ATKV-Woordveertjies 2020 nou oop
2020-06-19Die sluitingsdatum vir inskrywings vir die ATKV-Woordveertjies is Woensdag 1 Julie 2020.
Skrywersonderhoud: Kleinboer gesels oor Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels
2020-06-19"Aan die positiewe kant moet ek byvoeg dat seker die helfte van my digbundel op ’n Sondagoggend geskryf is terwyl my brein sy pad met woorde probeer oopkap uit die eiesoortige babelas wat dagga gekombineer met drank veroorsaak het."
Pasverskyn: Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis
2020-06-19Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie.
Hein Viljoen (1951–)
2020-06-18"Die digter is inderdaad soos ’n hol trom wat al die klank en gebeure om hom opvolg. Hy vang die groot kabaal van die lewe om hom op en verwoord dit."
Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020 bekend
2020-06-18Die wenners van die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2020 is vanaand (Donderdag 18 Junie 2020) bekend gemaak. Meer as 80 boeke wat in 2019 by Media24-uitgewerye verskyn het, is vanjaar ingeskryf in ses kategorieë met prysgeld van altesaam R210 000.
2020 Media24 Books Literary Prizes: Herman Charles Bosman Prize for English fiction
2020-06-18Read the commendations of all the books on the shortlist – and the announcement of the winner!
2020 Media24 Books Literary prizes: MER Prize for Youth Novels
2020-06-18Read the commendations of all the books on the shortlist – and the announcement of the winner!
Media24 Boeke Literêre Pryse: WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie
2020-06-18Lees die commendatio’s van al die boeke op die kortlys – en ook die aankondiging van die wenner.
2020 Media24 Books Literary Prize: Recht Malan Prize for Nonfiction
2020-06-18Read the commendations of the books on this shortlist – and the announcement of the winner!
Media24 Boeke Literêre Pryse 2020: Elisabeth Eybersprys vir Afrikaanse en Engelse Poësie
2020-06-18Lees die aanbevelings vir hierdie kortlys – en ook die aankondiging van die wenner!
Media24 Boeke Literêre Pryse 2020: MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke
2020-06-18Hier is die aanbevelings op hierdie kortlys – en die aankondiging van die wenner.
Media24 Boeke Literêre Pryse 2020: MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke – commendatio’s
2020-06-18Hier is die commendatio’s van al die boeke op hierdie kortlys, en die wenaankondiging.
Persverklaring: Nuwe publikasie – Van Wyk Louw
2020-06-18Wyle Ampie Muller, Van Wyk Louw se gewese skoonseun en intieme vriend, en Ampie se vrou, Beverley Roos-Muller, het jare gelede ’n spesiale projek aangepak om die 50ste herdenking van Louw se sterfdag te vier. Hulle het digters, skrywers, kunstenaars en ander bekende persoonlikhede genader om hulle herinneringe aan Van Wyk Louw op skrif te stel ten einde ’n gedenkboek te publiseer.
Reader impression: Beast by Tendai Mtawarira with Andy Capostagno
2020-06-17"I do not typically 'score' books, but since this is a book about a sporting legend, I decided that I would have to give the book 5 out of 10."
