Bekendstelling van Randfigure – Stemme van toe tot nou

  • 2

Vroeg in Desember 2020 vind die bekendstelling van die bundel Randfigure – Stemme van toe tot nou by vier geleenthede plaas. Oor hierdie eerste publikasie in die NG Kerk in SA se Argiefreeks, skryf Christo Lombaard van Unisa soos volg:

As ’n mens op die rand staan, sien jy anderste raak hoe dinge lyk. En kan ons uit latere geslagte meer leer by jou ... En dít het ons hier, met dié boek. Vroue van nou skryf oor verlede-vroue wie se lewensgrepe ons nou nog aangryp.

Die medeskrywers se argivale navorsing lei dan ook tot die uiteenlopende biografiese verhale van vroue wie se stemme gehóór is – al was dit vanaf die periferie van die “binnekringe”. Rethie van Niekerk skryf oor Ella Neethling, een van die eerste vroueskrywers in Afrikaans; Lisel Joubert beskryf haar soektog na haar sending-ouma, Margaret Vlok; Bianca Botha neem ons op die spoor van Alice Brink na Soedan; Pascal Pienaar belig die rol van Emma Murray as mens in eie reg en uitsonderlike huweliksgenoot vir Andrew Murray; Isabel Murray is in gesprek met Audrey Halloran oor haar mediese werk in Morgenster; Maretha Smith belig die Tshilidzini-bydrae van haar ma, Ellen Faul; Hanneke Meyer skryf oor die predikante-egpaar Jan en Britta van Zijl; en Lizelle Smith vergelyk die ervarings van twee mediese dokters, Jane Waterston en Pauline Murray, in Nyasaland.

Hierdie projek is moontlik gemaak met die finansiële ondersteuning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die NG Kerk se Wes-Kaapse Sinode.

Bespreek u plek voor 30 November 2020 (Pretoria tot 2 Desember) by [email protected]. Hier is meer inligting oor die bekendstellings.

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Nerina Stapelberg

    Waar kan ek 'n kopie van bg. boek "Randfigure" bestel, asb.?
    Groete
    Nerina Stapelberg

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top