
Prent van Danie du Toit: verskaf
Danie du Toit stel sy eerste digbundel Warmer voor die tuimeldroër by Die Boer teater-restaurant in Durbanville bekend.
Wanneer: Op 6 en 7 Desember om 20:30.
Kaartjies kos R170 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
Hy gaan van die gedigte sing – in die naglig staan soos ’n bok voor ’n bakkie en iets vertel van al die dinge wat hy al van 2012 in lirieke met Spoegwolf kwytraak.
Danie du Toit sing ’n paar van sy songs en gedigte. Hy dra sy beste baadjie en sy tweedebeste paar kouse.
Danie se agtergrond: Danie du Toit (Reënwolf) is ’n musikant van agter die pawiljoen. Hy probeer eintlik net kalmeer.
Die bundel word uitgegee deur Danie eie wynmaatskappy: The Astronomy Wine Company.
Astronomy is ’n ding wat hy gestig het vir wyn, maar "turns out gedigte is baie soos wyn. Beide dinge pas in ’n bottel, en jy kan dit ook nie alleen vir plante voer nie nie," sê Danie.

