Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Korona-kortverhaalfees: Izak du Plessis oor “André Tanneman se tronk”
2020-06-15"Ek het ’n behoefte om stories te vertel. Dit brand in my soos Pablo Neruda se God in ’n rivier. Ek kan dit nie keer nie, dis so erg dat ek soms ’n geselskap kan oorneem en eers na die tyd baie verleë besef dat ek dit al weer gedoen het."
Lesersindruk: Ligsloper deur Berdéhan Brand
2020-06-12"Ek is verstom dat hierdie vaardige woordsmid so onder die spreekwoordelike radar vlieg, want sy werk kan met gemak skouers skuur met dié van ons groot digters."
Resensie: Die slaghuis deur Cas Wepener
2020-06-12"Die slaghuis is ’n roman wat boei, die speekselkliere stimuleer en terselfdertyd sommige lesers sal ontstem."
Persverklaring: African Sun Media stel boeke gratis beskikbaar in antwoord op die koronaviruskrisis
2020-06-12African Sun Media het tydens die koronaviruskrisis 60 ekstra e-titels uit hul katalogus gratis aan die publiek beskikbaar gestel.
"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"
2020-06-11"Dis die hartseer van die saak. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie."
Pasverskyn: Merk deur Rudie van Rensburg
2020-06-11Kassie Kasselman het geglo sy dae as speurder is getel ná die afgryslike Medusapedofielsaak, en sy hartaanval. Maar ses maande by die huis bring perspektief. Terug by die Spookeenheid word hy en kollega Rooi Els dadelik by die diep kant ingegooi toe hulle opdrag kry om ’n reeksverkragter vas te trek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk, soos boere met hul vee.
Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys
2020-06-11"Ek wil nie alles haarfyn verstaan nie. Want ek kan nie. Ek wil byvoorbeeld nie oomblik vir oomblik bedag wees op die fisiologiese prosesse wat betrokke is by my asemhaling nie. Nietemin wil ek behaaglik asemhaal en bly wees oor die feit dat ek dit kan doen. Sonder asem kan ek nie."
Lesersindruk: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert
2020-06-10"Joubert se kennis van die politiek, eietyds sowel as histories, en veral sy genuanseerde en nierassige benadering wat telkens deurskemer, maak hom ’n belangrike stem."
Lesersindruk: Betsie, Meneer Tier en die bloumaan deur Sally Gardner
2020-06-10"In hierdie tyd van inperking is ’n reis na die binnewêreld, die onbewuste en droomland dalk nie te versmaai nie."
Leeskring = ouwêreldse "edutainment"
2020-06-09"Dis waarvan leeskringe aanmekaargesit is: boekwurms wat vriendskap vind in gedeelde boekvreugde en wat wil leer om hulle leesplesier uit te brei met nuwe skrywers, nuwe boeke, nuwe maniere van lees en verstaan."
Resensie: Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter
2020-06-09"Venter se vertalings poog om nie net die literêre leser te bereik nie, maar ook Jan Alleman wat graag poësie lees. Dit resoneer met die Nobelpryswenner se uitsprake dat poësie aan alle mense behoort."
Skryf in vir 2020 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse
2020-06-08Boekresensente word genooi om in te skryf vir die 2020 kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende resensies in Afrikaans van Afrikaanse boeke bekroon word.
"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"
2020-06-08"My gesin is altyd my klankbord as ek stories skryf. Dit was toe juis met die ontwikkeling van idees vir ’n tweede en derde boek in die reeks dat Keenan aangebied het om te help." Cliffordene Norton gesels met Anzil en Keenan Kulsen oor die inspirasie agter die Bitterbosbende-reeks.
Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”
2020-06-08"Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs."
PEN Afrikaans: Die misdaadskrywer, die stopteken en hoe om mense se vakansies te ruïneer
2020-06-05In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks "Die wêreld van die skrywer" vertel bekroonde spanningskrywer Irma Venter meer oor die rol van navorsing en aktuele kwessies in haar spanningsverhale. Hoe pak sy daardie deel van die skryfproses aan en hoe gaan sy te werk om navorsing met die storielyn te integreer?
"Hoë" boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal
2020-06-05"Maar is boeke hier te lande werklik duur? Of moet uitgewers versigtig meet en pas om die begroting te laat klop en boeke winsgewend te produseer?"
Pasverskyn: Bloedfamilie deur Elsa Hamersma
2020-06-04Daar word twee moorde in een week in die Brink-familie gepleeg. Die moordenaar laat ’n boodskap by die eerste moord wat die vinger na die familie wys. Wie is dit en waarom moor hy of sy?
Luister sommer vandag! NB-Uitgewers en Centurion Hospice bied aanlyn boekvoorlesings vir kinders aan
2020-06-04Die boekvoorlesings gaan op ’n kreatiewe, opvoedkundige en vermaaklike manier aangebied word. Elke boekvoorlesing gaan ook van ’n aktiwiteit vergesel word. Die voorlesings gaan om die beurt in Engels en Afrikaans gedoen word.
Review: Madness: Stories of uncertainty and hope by Sean Baumann
2020-06-04"We mourn with him and feel his helplessness when patients, friends and colleagues commit suicide. But then, he squares his shoulders and soldiers on, dispassionately analysing the circumstances."
Etienne Leroux (1922–1989)
2020-06-04"’n Skrywer is dikwels profeties en skryf oor probleme waarvan die gemeenskap op die oomblik nie bewus is nie – sekere tendense wat hy nou al in die kiem sien. Deur sy sensitiewe waarneming word hy gepla deur dinge wat vir ander onsigbaar is."
