Pasverskyn: Staande ovasie deur Herschelle Benjamin, Igna Botha, Veronique Jephtas en Marcel Spaumer

  • 1

Titel: Staande ovasie (vier eenbedrywe)
Skrywers: Herschelle Benjamin, Igna Botha, Veronique Jephtas en Marcel Spaumer
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309321

Staande ovasie bevat moderne, eietydse eenbedrywe vir tienertoneel van vier bekroonde, opwindende en opkomende jong dramaturge in ons land wat nog nie voorheen gepubliseer het nie.

Oor die skrywers:

Herschelle Benjamin het die Elizabeth MacLennan Internasionale Beurs vir Teater aan die Universiteit van Edinburg ontvang.

Igna Botha het in 2013 by die ATKV-tienertoneelkompetisie die CR Swart-prys gewen vir beste nuutgeskrewe teks vir haar drama Ingeboks. Sy skryf sedert 2016 vir die kykNET-sepie Getroud met Rugby.

Veronique Jephtas is ’n 23-jarige skrywer, aktivis, digter, spoken word kunstenaar, regisseur en aktrise van die Paarl. Sy was in 2008 by Teksmark met Hoe change hulle olv Lee-Ann van Rooi en in 2010 met My kroon se krank, olv Quanita Adams. Veronique se fokus is om Kaaps te bevorder in die teaterbedryf en om te skryf en skryf sodat wanneer studente en leerders van kleur oor 5–10 jaar ’n monoloog, prosa of gedig soek om op te voer,  hulle nie ver hoef te soek vir stories en taal wat na aan hul hart is nie. 

Marcel Spaumer se teks Blaai om is in 2016 vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem. Hy werk as storieontwikkelaar en assistent-hoofskrywer vir die kykNET-sepie Suidooster.

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Anthony "Speedo" Wilson

    Bie geluk! Ons het nuwe stemme nodig in die NUWE SUID-AFRIKA en dat dit in Afrikaans gebeur is 'n absolute Fees! Doe zo voort!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top