
Uitgewers word uitgenooi om boeke voor te lê vir die Jan Rabie-Rapportprys 2021 vir debuut- of tweede fiksiewerke in Afrikaans.
Die doel met die prys, wat deel uitmaak van die kykNET-Rapportpryse, is om nuwe skrywers aan te spoor om Afrikaanse prosa van gehalte te lewer en nuwe stemme met belofte te ondersteun. Die prysgeld beloop R125 000.
REËLS
- Volwasse Afrikaanse romans, novelles en kortverhaalbundels wat vir die eerste keer tussen
1 Januarie 2020 en 31 Desember 2020 verskyn het, kom in aanmerking vir die prys. - Die prys word beperk tot debuut- of tweede werke.
- ’n Tweede werk deur ’n skrywer wat reeds die Jan Rabie-Rapportprys gewen het, sal nie oorweeg word nie.
- Boeke moet oorspronklik in Afrikaans geskryf wees en moet die skrywer se eie, oorspronklike werk wees. Indien ’n boek gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn het, kom die Afrikaanse uitgawe in aanmerking vir die prys mits dit deur die skrywer self vertaal is.
- Skrywers se toestemming moet in alle gevalle vooraf verkry word.
- Geen selfpublikasies word oorweeg nie.
- Boeke wat slegs as e-boeke verskyn het, word aanvaar vir voorlegging en moet in PDF-formaat verskaf word.
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 14 Desember 2020.
- Die besluit van die keurders is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Indien ’n boek op die kortlys is, sal die uitgewer versoek word om die volgende te verskaf:
- ’n jpeg van die omslag
- ’n onlangse hoëresolusiefoto van die skrywer
- Geen inskrywingsfooi is betaalbaar nie.
- Voltooide inskrywingsvorms sowel as vyf eksemplare van elke boek moet die koördineerder bereik teen die sperdatum: Maandag 14 Desember 2020.
- E-pos asseblief bewys van versending asook bevestiging van boeke wat ingeskryf word aan anita@vanzylpr.co.za.
Adres waarheen boeke per koerier versend moet word:
Anita van Zyl
Trevi 28
De Lorentzstraat 2
Tamboerskloof
Kaapstad
8001
Rig asseblief alle navrae aan die koördineerder:
Anita van Zyl by anita@vanzylpr.co.za
Tel: 083 709 6677

