Pas verskyn: Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenage

  • 0

Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
Engela Duvenage
Niefiksie vir kinders
LAPA Uitgewers
9780639600581

In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak. Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top