
Redakteur: Afrikaanse niefiksie
Suid-Afrika se voorste boekuitgewery is op soek na ’n vindingryke en energieke redakteur om ’n florerende publikasielys na nog groter hoogtes te neem. Die redakteur sal verantwoordelik wees vir die publikasie van Afrikaanse narratiewe niefiksie onder die Tafelberg-druknaam, maar sal ook Engelse niefiksie uitgee. Die pos verg daarom iemand met besondere taalvaardigheid in Afrikaans sowel as Engels, asook ’n lewendige belangstelling in Suid-Afrikaanse kwessies.
Ons soek iemand:
- wat Afrikaans én Engels uitstekend beheer
- met tersaaklike tersiêre kwalifikasies, wat wyd lees oor alle platforms
- wat boeke kan konseptualiseer en teks logies en leesbaar orden
- met ervaring van skryf as joernalis, kopieskrywer, redakteur of soortgelyk
- wat prikkelende en taalkundig korrekte kopie kan skryf
- wat strategies dink en geleenthede raaksien en aangryp
- met uitstekende organisasie-vermoëns wat ’n publikasielys binne begroting en op skedule kan bestuur
- wat onder druk spanne vryskutwerkers effektief sal bestuur en spertye haal
- geesdriftig, ingelig, ingeskakel en vol idees is, dog noukeurig
- op hoogte is met debatte, met ’n wye netwerk in die media en onder meningsvormers
Die pos bied:
- ’n afwisselende en stimulerende werksomgewing as deel van ’n skeppende en hardwerkende span boekliefhebbers
- ’n mededingende salaris met voordele
Besoek www.nb.co.za vir meer inligting oor die maatskappy.
Doen asb aansoek op Media24 se webblad by https://nbpublishers.simplify.hr/vacancy/r8muf9.
Die eerste bladsy van jou CV moet ’n dekbrief wees, wat verduidelik hoekom jy geskik is vir die pos. Gee asb. ook die kontakbesonderhede van drie referente. Die sperdatum is 3 Februarie 2021.
Aansoekers wat nie binne twee weke ná die sluitingsdatum van ons gehoor het nie, kan aanvaar hul aansoek was nie suksesvol nie. NB is onder geen verpligting om die pos te vul nie. Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word.

