Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie
2022-07-19"Met Tien voor een maak die skrywer haar merk as romansier. Die volgehoue spel met die leser – as gesofistikeerde literêre kommunikasieproses – beïndruk. Die leser begelei die skrywende Odela dwarsdeur haar figuurlike 'dark night of the soul' uit die donker en weer terug na die lig. En dié katarsis reinig skrywer én leser."
Wit leuen deur Ruan Kemp: ’n resensie
2022-07-19"Wit leuen is ’n slu satire op die staat wat met hope fanfare en ewe veel onbeholpenheid sy burgers se lewens wil beheer."
Pasverskyn: Hoerkind: Die memoires van ’n randeier deur Herman Lategan
2022-07-19Herman Lategan word wyd gerespekteer as joernalis, en is beide berug én beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder om doekies om te draai.
Trauma en verlies in Kamphoer deur Francois Smith
2022-07-18"Die trauma wat Susan Nell beleef het is veelvuldig. Haar verkragting in die Winburgse konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog deur twee Britse offisiere en ’n joiner word vererger deur die wreedaardige wyse waarop sy vir die dood agtergelaat is."
CGS de Villiers (1894–1978)
2022-07-18"Vir diegene wat werklik lewe, is die ouer geslagte mos nie dood nie. ’n Mens moet weet wie jy is, waar jy vandaan kom. Gegewens oor ons voorgeslagte behoort versamel te word."
Hoerkind deur Herman Lategan: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-18"Herman sê hy glo op ’n goeie dag dat ’n mens se ervarings, goed of sleg, nie vermors is in die hande van ’n skrywer of kunstenaar nie. Hy gebruik alles wat met hom gebeur in sy werk. 'Ek vergader, stof af, polish en bêre gebeure vir latere gebruik.'"
Press release from the prize committee: Winner of the Ingrid Jonker Prize for English poetry 2022
2022-07-18The winner of the Ingrid Jonker Prize for English poetry 2022 was just announced.
Woordfees op TV-2022: Skepsel, ’n boekgesprek met Willem Anker
2022-07-15Hier is jou LitNet-herinnering om na Willem Anker se gesprekke oor Skepsel te kyk: Saterdag, 16 Julie om 07:03. Dinsdag, 19 Julie om 15:02 en Woensdag, 20 Julie om 08:41.
Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou
2022-07-14"Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is dit gewoonlik neusie verby."
Joy of Books: A new literary festival in East London
2022-07-14"The aim of the festival is to bring people who love reading, books and storytelling together. We aim to create a positive space to celebrate all things literary, to encourage and inspire others to share their passion and creativity."
Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk
2022-07-14"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."
Die blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories en Die skool vir ramspoedige talente en ander gelukkige stories, ’n resensie
2022-07-13"Hoe kry jy ’n kind aan die lees? Dit is seker een van die moeilikste vrae in die wêreld om te beantwoord. Hierdie twee boeke is moontlik die sleutel waarna jy soek."
Skrywersfees 2022 op Woordfees TV: Volledige program
2022-07-13Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150, en in Namibië ook op GOtv-kanaal 27, op die lug wees. Laai die volledige boekefeesprogram hier af.
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
2022-07-13"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."
China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-13"Op grond van die persoonlike kontakte tussen Xi Jinping en Cyril Ramaphosa en hulle persoonlike gesprekke tydens die laaste FOCAC-vergadering is die mening dat Suid-Afrika al hoe nader aan China beweeg." – Theo Neethling gesels met Fanie Herman wie se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit pas verskyn het.
Sproetebessies en die hart van die swart roos: ’n onderhoud met Troula Goosen
2022-07-12"’n Tikkie fantasie vat kinders net weer weg uit hulle omstandighede na ’n ander wêreld waarin alles moontlik is en waar die goeie oorwin, ongeag."
Pasverskyn: Misfit: stories vannie anne kant deur Chase Rhys
2022-07-12Hierdie stories onnesoek issues van identiteit, seksualiteit, gesinsdinamika ennie daaglikse lewe van mense aan die rand vannie samelewing – die misfits.
Uys Krige (1910–1987)
2022-07-12“Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Dit is op die veld gebore en is so eie aan ons land as die lang geel gras eie aan die grootste deel van Suid-Afrika.” Lees oor Uys Krige se lewe en werk.
Bartho Smit (1924–1987)
2022-07-12"Ander tale is vir my net woorde. Afrikaans is vir my my ervaring, my verlede, my hede, my toekoms." Lees oor die lewe en werk van Bartho Smit.
A history of South Africa: from the distant past to the present day, onder redaksie van Fransjohan Pretorius: ’n resensie
2022-07-11"Hierdie omvangryke en goed versorgde publikasie slaag op voortreflike wyse daarin om die komplekse en omstrede geskiedenis van Suid-Afrika in perspektief te plaas."
