Uit Woordenaars: futloos gestamp

  • 1

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Neville Pedro "futloos gestamp" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

futloos gestamp

gebroke het ek magdom
pyn trotseer
ten spyte van jou sluiers
dat ek gaan sneuwel

ek het opgestaan en
my stukkies met
met hoop vasgeplak

nou staan ek lenig
voor jou met hierdie
woord-geskenk

jy is tien duisend keer
vergewe

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top