Uit Woordenaars: Khoi-Khoi godin

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Joaline Kees "Khoi-Khoi godin" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

Khoi-Khoi godin

vasgeketting
gefaal
bespotting
in krone afbetaal
hoog en regop haar bestaan
ondanks gille trek geen loerder haar aan
enig in soort
haar troos
siel omgekrap
gebrandmerk ... grap van Weste
saans sielalleen in verte
prostitusie haar missie
middernagure verduur sy
hul aweregse fetisjistiese giere
soveel leed
sonder permissie
toevlug na drank
al die gekyk ...
al die vernedering
nie van alkohol beswyk
maar
van die pyn van ’n gebroke hart
se verlange na die Gamtoos

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top