Uit Woordenaars: fluisterwoorde

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Coenraad Janse van Rensburg "fluisterwoorde" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

fluisterwoorde

Jou warm fluisterwoorde kanaal-iseer
en nestel stadig en snoesig op my koglea se buitedop!
die semantiek daarvan plant mosterdsaadjies van geloof hoop en liefde
in die vrugbare beddings van my siel ...
ek lei dit lojaal daagliks nat
en sien reikhalsend uit na die ontkieming
waar ek die woordesteeltjies met oorgawe wil pluk
en dit met die letters van my harts-ink
deur liefdesversies deurdrenk in en op kaartjies aan kleurryke ruikers
van jou reënbooghart vasmaak!
só – knielend met my gebedshande dakwaarts –
wil ek graag ’n Latynse liefdesloflied
saggies in jou lieflike teenwoordigheid murmureer ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top