Coenraad Janse van Rensburg is in KwaZulu-Natal gebore en woon saam met sy vrou en twee kinders in Pietermaritzburg. Hy het ’n vurige passie vir Afrikaans, maar is ook nog drie ander tale magtig, naamlik Engels, Zulu en Duits. Hy was voorheen werksaam by die Departement Kuns en Kultuur (KZN). Tans is hy Streeksbestuurder vir die ATKV en bedien hy KZN en die Oos-Vrystaat.