Uit Woordenaars: rusplek

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Eileen Green "rusplek" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

rusplek

hier, waar sand teen die rante waai,
waar die vlei vol loop met winterreën,
waar bos en rietpol eers was
waar jy ingebed word
hier, op hierdie lappie grond
lê die oorskot van ons geliefdes
hul spore uitgewis deur sementblokke
hul nagedagtenis met drank en daggawalms
van leeglêende grafskenders uitgewis
ons erfenis deur mensehande geskend

hier, waar die basuine jou op Paassondag opwek
waar die kerkklok geslagte lank sal beier
hier rus die hoekstene van ons bestaan
hul nasate genoop om die lig uit te dra
na al die uithoeke met woord en daad
hier, op hierdie stukkie aarde
lê die beendere van ons geliefdes

verwyder jou skoene
dis heilige grond waarop jy staan!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top