Eileen Green

Eileen Beatrice Green is op 9 Desember 1939 in Matroosfontein op die Kaapse Vlakte gebore. Sy bekwaam haarself as onderwyser aan die voormalige Wesley Opleidingskool en gee op verskillende plekke onderwys. Afrikaans is haar hartstaal en sy debuteer as digter in Metafore van herlewing van die destydse Afrikaanse Skrywersvereniging asook in twee bundels van die Christelike Vereniging vir Poësie.

Uit Woordenaars: rusplek

Eileen Green Boeke en skrywers 2023-01-11

Luister hoe Eileen Green "rusplek" voorlees.

Top