Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.
Luister hoe Dirkie Victor "grendeltydgarage" voorlees.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.
grendeltydgarage
stofstrepies krioelend in die laat middagson
houtreuk swaar in die lug
ontsnappingsplek
bymekaarkomplek
ek-leer-jou-beter-ken-plek
skuur meet lag en gesels
opgewonde oor jou oregonprojek
kreatief
karakter
kas
grendeltyd ... goeie tyd ... God se tyd
sommerso in ons garage!