Dirkie Victor

Dirkie Victor is in sy eie woorde “gebore en met die hand vrylopend tussen die appelboorde van Grabouw grootgemaak.” Sy visie is om alle mense aan die werklikheid van hul drome te laat glo. Hy leef die visie uit as onderwyser, later skoolhoof in Villiersdorp, Senior Bestuurder: ATKV-takke en Uitvoerende Hoof van Curro Onafhanklike skool te Langebaan. Die pa van Madelene en Nandi en kleindogter Manique woon saam met sy vrou Anna-Maree op Langebaan.

Uit Woordenaars: grendeltydgarage

Dirkie Victor Boeke en skrywers 2023-01-11

Luister hoe Dirkie Victor "grendeltydgarage" voorlees.

Top