Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.
Luister hoe Khidijah Solomons "betowering" voorlees.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.
betowering
met betowerende oë staar ek
na die laaste sonlig van die dag
gekleur in pienk pers en potblou
so ver as wat die oog kan sien
daar’s oranje in die omtes
waar die son sy laaste geel uitblaas
’n heiligheid omhels my in stilte
van Gods kunstige skepping
in verwondering staar ek in die niet
maar besef elke wese is uniek
ekstaties borrel diep binne my
nou het ek ’n rede om te glimlag
ek kan sien luister voel
die geboorte van ’n perfekte nuwe dag


Kommentaar
❤️❤️❤️❤️