Uit Woordenaars: rewiengatte

  • 0

 Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Elias P Nel "rewiengatte" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

rewiengatte
(Suid-Afrika – Julie 2021)

 asse ongehoorsamige man
sy hart soos faroa sinne verhardt
ennie justse hom tronk toe stier
da hyl ons snot en trane
want hy sjee gladt-e-geheele allie om
as ons okke ’n slag vat en steel’ie
nou skrou ons kliphardt
         lat hy ytkom!
maar dissie waarop’it te neere kommie
ons wil verniel rewien en steel
van wat ons’ie hettie
koelkaste tellewiesies en kosrageitjies
dranke alle soort wyne biere
en baisekels vir onse tjeenerse
die hele wêreldte sitte tjyk hoe ons
rewien en als deer onse gatte trek
maar onse poelieste dié sien niks!
disse lekker ou kom-vatmaar-landtjie van ons!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top