Uit Woordenaars: my besluit

  • 0

 Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Corné Lottering "my besluit" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

my besluit

net nourie dag sê an Sanna vimy
hai boeta
ekti gedink ek ga jou nog byri huis kry
my pa gee my toe ’n kyk e
ek bly ma’ stil
ewe skielik wasi vitrek grafstil
sy ga toe ma’ huistoe
sieke gevoel’ie atmosphere
ka met ’n mes gesny wôd
ek ga maaki deu agte ha toe
wie kla hie kom ’n preek
wan’ an Sanna het unknowingly
mettie acchiles hiel ko neek

jy sien ek wou nooit rêrag ’n dokte raaki
vra ma’ al my vrinne as jy my nie gloe
ma’ die topi hou toe aan kerm
en ek gie in gekom op varsity
ek vesuip my aanie gin
eeste jaar gedop en some helemal opgeskop
ek mean imagine vimy as n gesypte dokte
ek sal mos ieman se lewe kos
besides bloed was nog nooit my dingie
nou lê ek ma’ dag in en dag uit voori tv
eni tôpi hou sy wrok
sy hart gie sieke in as hy hoor
wat ek RÊRAG wil wôd
’n chef daais my passion
want mans hoo’tie innie kombuisie
ma in ’n spreekkame voel ek okkie tysie
so hy moet ma’ sy kwaadgeit sluk
en stê’k wies
‘cos ek issie ’n clone nie
dies my liewe

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top