Uit Woordenaars: ons dorpies

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Yolandy Geduld "ons dorpies" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

ons dorpies

rustig lê hul langs die paaie van ons land
’n idilliese prentjie vir die oningewyde
maar binne-in is daar verrotting
twis dwelms gebrokenheid
vaderlose kinders by die dosyne
verwaarlosing broodgebrek sedeloosheid
’n groot vrot verswelg vermoor menswees
tog
tog roem ons joune is minder as myne

jongelinge wat inbreek en vir tikgeld steel
wyl kerke vergeefs bid smeek pleit en hoop
vir seuns en dogters wat hul drome
op die skrootwerwe van die lewe stort
uitsigloos dwelmbeneweld geweld najaag
honde wat vermoordes se bloed
in ons strate oplek
die idilliese skyn van vredigheid
verberg donker vreesaanjaende gesigte
vir die wêreld wat hier verbyspoed

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top