Yolandy Geduld is op Riverland naby Malmesbury gebore. Sy matrikuleer aan Schoonspruit Senior Sekondêre Skool in Malmesbury en werk tans as ’n assistentmaatskaplike werker vir die ACVV in Malmesbury. Sy vind haar ontvlugting in haar skryfwerk en pen haar gedagtes en belewenisse so gereeld moontlik neer.