Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2022
2022-06-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Persverklaring: Eseltjiesrus se Boekfees is terug!
2022-06-10Ná ’n onderbreking van twee jaar, weens die inperkings, vind die Eseltjiesrus Boekfees weer plaas van Donderdag 16 Junie tot Saterdag 18 Junie.
Boekbekendstelling van Krummels in my koffer deur Emile Joubert
2022-06-10Jy word uitgenooi na die bekendstelling van hierdie boek op Saterdag 11 Junie 2022 om 10:30 by Protea Boekwinkel in Stellenbosch.
’n LitNet Akademies (Regte)-artikel oor Die waarde van stil bure? ’n Onderhoud met Zelda Bezuidenhout
2022-06-07"Een aand moes ek na ’n sieldodende gesprek tussen ’n mediese dokter en ’n wetenskaplike luister. Ek het bitter min verstaan en was eintlik net daar om die koffie te bedien. Maar toe die gesprek ’n onverwagse wending na stamselnavorsing neem, het dit my ingetrek."
Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke
2022-06-07"Die reis wat hy afgelê het, is ’n reis van ’n al groter wordende ontnugtering en hy vra verskoning dat hy deel gehad het aan die indoktrinasie en misleiding van mense."
Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux: Foto’s en nuwe waarheid
2022-06-07"In Tinus le Roux se boek het hulle nie net oorleef nie, maar opgestaan. Le Roux se boek opper opnuut daardie vraag oor die foto se waarheid. Deur gesofistikeerde, voortreflik nagevorste kleurtegnologie het Le Roux die ou letterlik en figuurlik verbleikte foto’s ’n polsslag gegee. In sekere opsigte is dit inderdaad nuwe foto’s, nuwe waarheid."
Fresh off the press: New history of South Africa, edited by Hermann Giliomee, Bernard Mbenga and Bill Nasson
2022-06-07This newly updated, comprehensive history of South Africa presents the story of our turbulent country in a fresh, readable narrative.
Press release: No impact assessment underlying the economically destructive Copyright Amendment Bill
2022-06-06PwC estimated that the bill will lead to a 33% reduction in booksales with 30% of the industry losing their jobs.
Hoe lees ons Van Wyk Louw vandag
2022-06-06"Hoe is ’n Afrikaanse lewe moontlik onder die dwingelandy van ’n magsentralistiese en rasgedrewe regime wat geen ruimte buite sy Engels-gedomineerde voorskrifte duld nie? Kan ’n jong Van Wyk Louw weer na vore tree in ’n land waar ’n openbare Afrikaanse universiteit toenemend ontsê word?"
Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk
2022-06-01"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan? Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."
Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie
2022-06-01"Hierdie boek beskik oor al die elemente wat dit vir ’n blitsblaaier laat kwalifiseer. Geld, diamante, Krugerrande, seks, verraad, interessante karakters, verliefde mans en ’n grootskaalse geliegery."
Respectful, because it does not pretend: A review of Halley’s Comet by Hannes Barnard
2022-05-31"The three teenagers must navigate the aftermath of their shared experience and the illegality of interracial friendship, and survive the predator that still lives free among them."
Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
2022-05-31"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."
The yumness of the Kingsmead Book Fair 2022
2022-05-31"There was something for every literary taste."
Pasverskyn: Hou jou oë oop deur Brian Fredericks
2022-05-31Hoe moet hy maak as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of vir hulle ’n Sealy Posturepedic kan koop nie?
"’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se Narreskip
2022-05-30"’n Mens kan Myburg, ná die lees van hierdie bundel, net bedank vir die vleg, vir die vaart."
Koos sê: “Dis beter om iets in ’n storievorm te lees ...”
2022-05-27Koos Kombuis neem ons op ’n kort, baie unieke reis deur ’n aantal boeke wat oor sy pad gekom het. Hy vertel boonop van ’n kitaar op die groot trek en verduidelik dat hy Gauloises verkies het om teen apartheid te baklei.
Real fiction: The revival of the Franschhoek Literary Festival
2022-05-26"We all have crocodiles to tame. Writing – and living, ageing, dying – does take courage. One day, we will all end up in 'the big library in the sky', to quote Deon Meyer. But before we do, we will continue raging in the service of The Story."
Kaap in die Kaap! Uitnodiging na Protea-bekendstelling van Kaap deur Hans Pienaar
2022-05-26Hans Pienaar praat op Saterdag 4 Junie 2022 om 10:30 by Protea-boekwinkel in Stellenbosch met Karin Brynard oor sy jongste boek.
Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe Huisgenoot hom aan die lewe gehou het
2022-05-26Die sluitingsdatum vir aansoeke vir LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers is om die draai: 10 Junie 2022. Koos Kombuis vertel hoe hy as jongman oorleef het deur verhale aan Die Huisgenoot te lewer.
