60 op 60
Clinton V du Plessis
Uitgewer: Roepman Uitgewers
ISBN: 9780639741871
Die digter gerf 60 verse om saam te val met sy 60ste verjaarsdag vroeg in 2023. Die bundel staan midde-in verval en verwording – die liggaam, die landskap en die taal. Die onthou net-net, soos vervalle stasies met die naamborde haas leesbaar.
Dit is Du Plessis, ’n rekenmeester van Cradock, se 11de Afrikaanse digbundel. Hy was vanjaar ook die algehele wenner in die Afrikaanse afdeling van die AVBOB Poësieprojek.

