Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)

Dewald Koen Resensies 2022-04-06

"Indien ’n leerder se leesvaardighede nie teen die einde van graad 3 op standaard is nie, sal die leerder se toekomstige skolastiese vordering daaronder ly. In dié opsig is Pharos se tweetalige Grondslagfasewoordeboek ’n ideale bron vir ouers/voogde en onderwysers om tuis of in die klaskamer te gebruik."

107 kaalkoppe: Nataniël lê op sy maag op Planeet Kaalkop en kyk na die chaos op aarde

Maryke Roberts Resensies 2022-04-06

"Die tyd vir ’n boek uit Nataniël se pen is vir my altyd reg. Altyd nou. Daar is geen ander storieverteller in Afrikaans soos hy nie. Of dit op die verhoog of tussen die bladsye van jou boek is: Nataniël mag maar."

Pasverskyn: Herlewing: Transvaal en die grensgebiede in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman

LitNet Boeke en skrywers 2022-04-05

Dié deel lewer ’n belangrike bydrae tot ’n voorheen minder bekende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en sal ’n wye leespubliek, en nie net vakkundiges nie, boei.

Debuut ontroer ten spyte van oorsentimentaliteit, ’n resensie van The man who never was deur Douglas Kruger

Adele Vorster Resensies 2022-04-05

"Vir lesers wat vertroud is met Absalom se storie in die Bybel, word daar hiermee ’n sekere verwagting oor die verloop van die inhoud geskep. Dit is boonop ’n boek in Umuzi se Trailblazer-reeks, wat fokus op korter werke met ’n grondverskuiwende inhoud, vorm en styl."

Gesofistikeerd, intelligent; ’n resensie van City of the dead deur Jonathan Kellerman

Anschen Conradie Resensies 2022-04-04

"Die roman is nie die tipiese skop-skiet-en-dies-meer-spanningsroman nie; dis gesofistikeerd, intelligent, beweeg teen ’n stadige tempo, maak nie staat op dramatiese aksie soos jaagtonele en bloedige gevegte nie."

’n Pragboek deur twee bekwame joernaliste: Spoilt ballots deur Matthew Blackman and Nick Dall

Willie Breytenbach Resensies 2022-04-04

"Blackman en Dall se name mag maar by dié van sulke hedendaagse swaargewigte soos Giliomee en Grundlingh gereken word. Ons historici is tops."

Persverklaring: Stilspraak, Strijdom van der Merwe en Landkuns deur Carina van der Walt by NALN

LitNet Boeke en skrywers 2022-04-04

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na ’n lesing deur Carina van der Walt oor die jongste ontwikkeling in Strijdom van der Merwe se kuns. Dit hou verband met die werk van die Nederlander Piet Mondriaan en vind neerslag in argitektuur.

Persverklaring: Landluisteraar deur Carina van der Walt by NALN

LitNet Boeke en skrywers 2022-04-04

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging na ’n poësieprogram, aangebied deur Carina van der Walt uit haar digbundel Landluisteraar, op 11 April 2022, om 18:00 by NALN.

Moer: ’n onderhoud met Michèle Meyer

Naomi Meyer, Michèle Meyer Skrywersonderhoude 2022-03-31

"Toe ek die hoeveelste ma se verhaal van verlies, verlating, verskeuring, vernedering deur ’n eks, of die hof, of familie hoor, het ek geweet Moer moet gebeur."

Steward van Wyk bespreek Ampie Coetzee se werk

LitNet Boeke en skrywers 2022-03-30

Op Saterdag 2 April gesels Steward van Wyk oor Ampie Coetzee se teks ’n Hele os vir ’n ou broodmes.

Pasverskyn: Eugene deur Kirby van der Merwe

LitNet Boeke en skrywers 2022-03-30

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper middle class.

In memoriam: Derick van der Walt

Henriëtte Loubser In memoriam 2022-03-29

"Derick is hopeloos te vroeg weg. Op 63 het hierdie skrywer van aangrypende tekste soos Lien se lankstaanskoene (2008) en Torings van Jasmyn (2019) nog soveel gehad om vir sy aanhangers te bied; soveel stories wat ons aan sy lippe sou laat hang."

Petra Müller (1935–2021)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-03-29

"Om ’n gedig te skryf, is nie eens werk nie; jy moet net bereid wees om dit te doen." Lees oor Petra Müller se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum.

KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Yolanda du Toit, Fanie Viljoen KKNK 2022-03-28

"Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit hul gate losgelaat is!"

Donkerberg/Bloodwood deur Dominique Botha: ’n resensie

Reinhardt Fourie Resensies 2022-03-24

"Donkerberg is ’n knap poësiedebuut."

In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-03-23

"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."

Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-23

"Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie."

’n Unieke noirdebuut: Junx deur Tshidiso Moletsane

Susan Booyens Resensies 2022-03-23

"Gordel in, drink genoeg lewerpilletjies en gaan paartie saam. Dis ’n willewragtig van ’n lang nag."

Foto’s: Bekendstelling van Lina Spies se Aarde na firmament

Naomi Bruwer Boeke en skrywers 2022-03-23

Lina Spies se 11de digbundel, Aarde na firmament, is kort na haar 83ste verjaarsdag op 16 Maart by La Sala op Stellenbosch bekendgestel. Naomi Bruwer het namens LitNet gaan foto’s neem.

Louis Eksteen (1930–2001)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-03-23

"Ons hier in Suid-Afrika skryf deesdae veels te veel en daar word oneindig baie gepubliseer. Ons bloei ons leeg!" Lees oor Louis Eksteen se lewe en werk.

Top