Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Uys Krige (1910–1987)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-07-12

“Daar is niks in die hemel of op die aarde of onder die see wat nie in Afrikaans uitgedruk kan word nie. Dit is op die veld gebore en is so eie aan ons land as die lang geel gras eie aan die grootste deel van Suid-Afrika.” Lees oor Uys Krige se lewe en werk.

Bartho Smit (1924–1987)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-07-12

"Ander tale is vir my net woorde. Afrikaans is vir my my ervaring, my verlede, my hede, my toekoms." Lees oor die lewe en werk van Bartho Smit.

A history of South Africa: from the distant past to the present day, onder redaksie van Fransjohan Pretorius: ’n resensie

André Wessels Resensies 2022-07-11

"Hierdie omvangryke en goed versorgde publikasie slaag op voortreflike wyse daarin om die komplekse en omstrede geskiedenis van Suid-Afrika in perspektief te plaas."

Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2022-07-10

"Hierdie boek toon weereens dat die stories oor kansvatters, booswigte en boereverneukers onder ons net eenvoudig veel lekkerder lees as verhale oor die vromes."

Persverklaring: LitNet-rubriekskrywer op Woordfees TV

LitNet Boeke en skrywers 2022-07-09

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is? Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan gedurende die volgende 50 jaar sou ontdek en ervaar!

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2022

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2022-07-07

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

LitNet Akademies-resensie-essay: Dol heuning deur SJ Naudé

Thys Human Resensies 2022-07-07

"Ek weet van min kortverhaalbundels waarin uiterlike én innerlike landskappe op so ’n genuanseerde, geloofwaardige en uiteindelik ook aangrypende wyse gekarteer word soos in Dol heuning."

Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer: ’n sagte landing vir Bibi in Cradock

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2022-07-07

Bibi Slippers, Die LitNet Tuishuise Inwoonskrywer, het verlede week haar intrek op Cradock geneem, waar sy vir ’n maand lank in vrede en stilte skryf aan ’n nuwe digbundel. Sy rapporteer met foto’s en ’n video oor hoe sy en haar windhond, Matilda, op die Karoodorp verwelkom is.

Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met  Sebastian Pistor

Naomi Meyer, Sebastian Pistor Onderhoude 2022-07-07

"Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat."

Verweefde emosies in ’n brandspoor: ’n Lesersindruk van Vlam deur Sidney Gilroy

Erla Diedericks Lesersindrukke 2022-07-07

"As die brandpatrone korrek geïnterpreteer word, sal dit jou teruglei na die oorsprong van die brand. Maar jy moet terugwaarts beweeg, in die verlede in, terug op die spore van verwoesting wat gelaat is."

Pasverskyn: Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan

LitNet Boeke en skrywers 2022-07-07

Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hierdie verlate tyd. In Geseënd is dié wat treur vertel geliefde skrywers van hul eie ervarings met verlies, rou en die dood.

Inwoonskrywer: Loit Sōls

Loit Sōls, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2022-07-06

"Key-woōd: saāmwies. Positively oepkop, embracing en mēdedēlend, but oek lekke challenging. Accepting, idea-vol, informative, fresh, liberating, renewing, but oek prikkelend."

Author in residence: Mia Arderne

Mia Ardene, Izak de Vries Books and writers 2022-07-05

"Writing is usually such a solitary thing, and it can get lonely. So, being surrounded by other writers has been amazing. Being in a space where six of us are together and working, feels like I'm part of a community of artists where we can share our processes and our progress."

’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard

Melanie Pienaar Lesersindrukke 2022-07-05

"Alles behoort aan die staat en alle vorme van religie is verbode. Tegnologie word gesien as die oplossing vir alle probleme en selfs die kos is kunsmatig."

Voortvarend op die Narreskip

Monica Hammes Leeskringkamer 2022-07-05

"Dis nie aldag dat ’n leeskring Ilse Salzwedel se Skrywers en boeke kan voorspring nie, maar dit het Jakaranda Leeskring te beurt geval toe Johan Myburgh op 8 Junie met ons oor sy nuwe bundel, Narreskip, gesels het."

PJ Haasbroek (1943–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2022-07-05

"Vir my moet ’n verhaal sigbaar en hoorbaar wees. As ek iets op ’n sekere manier gesien het, wil ek hê die leser moet dit net so sien. Maar ek wil ook hê die leser moet dit kan hoor. Daarom skryf ek hardop."

Bargain Books Q&A with Beth O’Leary

Bargain Books, Beth O'Leary Books and writers 2022-07-04

"For me, happy endings are more meaningful when you’ve seen the characters go on a tough journey to get there."

Inwoonskrywer: Elodi Troskie

Elodi Troskie, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2022-07-04

"Met soveel verskillende tale en stories wat saans om die etenstafel ontmoet het, dink ek het ons almal baie by mekaar geleer. Ons was ook gelukkig om die Karoo Writers’ Festival in Cradock en die Nasionale Kunstefees in Makhanda by te woon en ook daar deur kreatiewe energie omring te word."

Mara deur Marida Fitzpatrick: ’n onderhoud met die skrywer

Jeanette Ferreira, Marida Fitzpatrick Skrywersonderhoude 2022-07-04

"Iemand het eenkeer gesê 'all memory is fiction.' Die oomblik dat ’n mens iets deur die filter van jou eie belewenis en herinnering onthou, raak dit noodwendig iets anders, iets wat jy tot ’n mate self geskep het."

Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk, lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2022-07-01

"Dis die ongesêde dinge, die implikasie, wat sorg vir misterie en ’n betekenis wat jou tussen die oë tref. "

Top