Bargain Books-kompetisie: Jy kan twee liplekker kookboeke wen!

  • 17

Moenie Bargain Books se flink-uit-die-vere Kersaanbod mis nie!

Plus, jy kan Die demokratiese republiek van braai 2 deur Jan Braai en Carmen Niehaus se Lekker & Goed wen!

Kompetisie

Noem twee disse wat jou gesin graag op Kersdag eet en staan ​​’n kans om hierdie twee kookboeke te wen!

Hoe om in te skryf
  • Stuur ’n e-pos aan izak@litnet.co.za met die onderwerp “Kersete”. Noem twee disse wat jou gesin graag op Kersdag eet.
  • Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer, e-posadres en koerieradres in die e-pos plaas. 
  • Alle inskrywings moet LitNet voor 08:00 op Vrydag 23 Desember 2022 bereik.

Reëls
  • Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
  • Deur deel te neem, gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer, e-posadres en koerieradres aan Bargain Books te verskaf en jy gee aan Bargain Books die reg om met jou kontak te maak.
  • Die wenners se boeke sal per koerier aan hulle gestuur word, of hulle sal gevra word om die boeke by hul naaste tak van Bargain Books af te haal.
  • Bargain Books en LitNet mag die wenners se name bekendmaak, maar geen kontakbesonderhede sal openbaar gemaak word nie.
  • 17

Kommentaar

  • Bettie Langner

    Wonderlike boeke om te wen. Ek is 'n resepboekslaaf. Sal drie keer moet leef om alles te kan maak.

  • Manie Mostert

    Ek kyk elke Vrydagaand op KykNET vir Jan Braai en probeer gereeld sy resepte wat so heerlik is.

  • Altyd slaaie, met drie tot vier soorte vleise, en koekstruif as nagereg. Later koffie en wortelkoek.

  • Sonja Pienaar

    Bruingebakte aartappels by sagte skaapboud met roosmaryn en gravy. Soetpampoen, ertjies, rys en tuisgemaakste roomys.

  • Nicolene Gush

    Ek is gek oor ’n resepteboek, lief om nuwe resepte te probeer; sal vir my ’n groot bederf wees om die twee boeke geskenk te kry. ❤️❤️❤️

  • Bhavana Singh

    AWESOME

    Ek en my familie hou baie van skaapboud, koekstruif, braaivleis, hoenderpastei en trifle.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top