Woordtrofees-wenners vir 2022 | Woordtrofees Awards winners for  2022

  • 0

Die wenners van die 2022 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 10 November by ’n geleentheid by Johannesdal 1207 bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld.

Gillian Mitchell was die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, wat bestaan het uit Conroy Cupido, Jefferson Dirks-Korkee, Gustav Franzsen, Geoff Hyland, Athina Jansen,  Rafiek Mammon, Jill Markram, Gary Naidoo,  Jennie Reznek, Francois Tredoux,  Naudé van der Merwe, Robin van Wyk en Maria Vos.

“Die eerste in-persoon Woordfees sedert 2020 het,” volgens Mitchell, “groot én intieme werk op die planke gehad; werk wat tot trane geroer het en werk wat jou uit jou maag laat lag het – ’n onvergeetlike uitdrukking van daardie onbreekbare band tussen die uitvoerende kunste en ons geleefde ervarings. Hoewel die fees vanjaar kleiner was, was dit geen minder van ’n uitdaging vir paneellede om op die benoemings in die onderskeie kategorieë ooreen te kom nie. Produksiestandaarde was hoog en die kompetisie straf tussen werke wat ’n verskeidenheid onderwerpe en kwessies met groot sensitiwiteit en opwindende kreatiwiteit aangepak het.” 

Die boekpryswenners vir die beste verkope in vier verskillende kategorieë:

Topverkoper: Niefiksie
TJ Strydom – Koos Bekker’s Billions

Topverkoper: Leefstyl
Louis Jansen van Vuuren & Isabella Niehaus – Daar’s ’n vegan op my verandah

Topverkoper: Poësie
Antjie Krog – Plunder

Topverkoper: Fiksie
Irma Venter – Die verkeerde vrou

Ander

WOW-onderwyser van die jaar
Jeremy Claassen

WOW-skool van die jaar
Wesbank Sekondêr

Beste prestasie in kunsjoernalistiek (INK-feeskoerant)
Willem Bester

Beste prestasie: Tegnies
Die moeder

Beste opkomende kunstenaar
Jacobus de Jager – Bach (to a) Blast! (dirigent)

Klassieke musiek

Beste prestasie: Klassieke musiek – vokaal
Handel at Home

Beste prestasie: Klassieke musiek – instrumentaal
Late (and Last) Works of Schubert, Brahms and Debussy

Kontemporêre musiek

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie (podium) – solo/duo-gedrewe
Skoonveld

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie (podium) – ensemble
Kitaarkonings

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – buitelug
Francois van Coke

Dans

Beste prestasie: Dans
Manacan & Jazzart Dance Theatre – Survive

Spesiale toekennings

In Verbondenheid-toekenning
Lee-Ann van Rooi

Die Toyota US Woordfees gee met die In Verbondheid-prys erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig. Die In Verbondenheid-toekenning word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Distell.

Vorige wenners:

  • 2017: Simon Witbooi (HemelBesem)
  • 2018: Janine Neethling
  • 2019: Felicia Lesch
  • 2020: Amelda Brand
  • 2021: Geen prys toegeken

Feesheld
Marlise Serfontein

Toneel

Beste debuutteks
Jason Jacobs – Kraal

Beste byspeler (manlik)
Dawid Minnaar – Die moeder

Beste byspeler (vroulik)
Ashley de Lange – Die moeder

Beste speler (manlik)
Marlo Minnaar – Die halwe huis

Beste speler (vroulik)
Sandra Prinsloo – Die moeder

Beste ensemble
Die sewe doodsondes – Die geselskap

Beste regisseur
Matthew Wild – Die sewe doodsondes

Beste toneelstuk
Die moeder


The awardees for the 2022 Toyota SU Woordfees Woordtrofees Awards were announced on 10 November at an event at Johannesdal 1207.

Gillian Mitchell was the convenor of the Woordtrofees Panel, which consisted of Conroy Cupido, Jefferson Dirks-Korkee, Gustav Franzsen, Geoff Hyland, Athina Jansen,  Rafiek Mammon, Jill Markram, Gary Naidoo,  Jennie Reznek, Francois Tredoux,  Naudé van der Merwe, Robin van Wyk en Maria Vos.

"The first in-person Woordfees since 2020," according to Mitchell, "had big and intimate works; work that moved you to tears and work that made you laugh out loud – an unforgettable expression of the unbreakable bond between the performing arts and our lived experiences. Although the festival was smaller this year, it was no less of a challenge for panel members to agree on the nominations in the various categories. Production standards were high and the competition stiff between works that tackled a variety of subjects and issues with great sensitivity and exciting creativity."

The winners are:

The Book Prizes for best sales in various categories:

Top seller: Non fiction
TJ Strydom – Koos Bekker’s Billions

Top seller:  Lifestyle
Louis Jansen van Vuuren & Isabella Niehaus – Daar’s ’n vegan op my verandah

Top seller: Poetry
Antjie Krog – Plunder

Top Seller: Fiction
Irma Venter – Die verkeerde vrou

Other 

WOW teacher of the year
Jeremy Claassen

WOW school of the year
Wesbank Sekondêr

Best achievement in arts journalism
Willem Bester (INK Festival paper)

Best achievement: Technical
Die moeder

Best upcoming artist
Jacobus de Jager – Bach (to a) Blast! (conductor)

Classical music

Best achievement: Classical music – vocal
Handel at Home

Best achievement: Classical music – instrumental
Late (and Last) Works of Schubert, Brahms and Debussy

Contemporary music

Best achievement: Contemporary music (podium) – solo/duo-driven
Skoonveld

Best achievement: Contemporary music (podium) – ensemble
Kitaarkonings

Best achievement: Contemporary music – open-air
Francois van Coke

Dance

Best achievement: Dance
Manacan & Jazzart Dance Theatre – Survive

Special awards

In Solidarity award
Lee-Ann van Rooi

Through the In Solidarity award, the Toyota SU Woordfees recognizes role players who work across borders, tirelessly and often for little or no compensation, to achieve greater social cohesion in the arts. The In Solidarity award is made possible with the support of Distell.

Former recipients:

  • 2017: Simon Witbooi (HemelBesem)
  • 2018: Janine Neethling
  • 2019: Felicia Lesch
  • 2020: Amelda Brand
  • 2021: No award

Festival hero
Marlise Serfontein

Theatre

Best debut text
Jason Jacobs – Kraal

Best supporting actor (male)
Dawid Minnaar – Die moeder

Best supporting actor (female)
Ashley de Lange – Die moeder

Best actor (male)
Marlo Minnaar – Die halwe huis

Best actor (female)
Sandra Prinsloo – Die moeder

Best ensemble
Die sewe doodsondes – The cast

Best director
Matthew Wild – Die sewe doodsondes

Best theatre production
Die moeder

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top