Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Pasverskyn: Tien voor een deur Adele Vorster

LitNet Boeke en skrywers 2022-06-13

Dié is ’n roman wat jou verbeelding beetpak en nie maklik laat gaan nie. Omdat dit in kleinerige brokke aangebied word, omdat dit soveel donker humor bevat en ontdaan is van selfbejammering, omdat die taal so lewendig is, is dit toeganklik sowel as … wel, gewigtig.

Persverklaring: L’art Poétique-digkompetisie se poësiepryse bekend

LitNet Boeke en skrywers 2022-06-12

Die wenners van die gesogte L’art Poétique-digkompetisie is Vrydag in Kaapstad bekendgemaak. Zalman S Davis het dié kompetisie in 2019 op eie houtjie gestig met die hoop om digters ’n platform vir hulle werk te gee.

Promosie: Met een voet in die Bybel deur Gert Janse van Rensburg

LitNet Boeke en skrywers 2022-06-10

"Uniek, enig in sy soort," met 900 Afrikaanse spreekwoorde, idiome, vaste uitdrukkings en gesegdes wat aan die Bybel ontleen is, 2 500 Skrifverwysings en toeligtings, sn hier en daar ’n stukkie teologie en ’n brokkie humor.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2022

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2022-06-10

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Eseltjiesrus se Boekfees is terug!

LitNet Boeke en skrywers 2022-06-10

Ná ’n onderbreking van twee jaar, weens die inperkings, vind die Eseltjiesrus Boekfees weer plaas van Donderdag 16 Junie tot Saterdag 18 Junie.

Boekbekendstelling van Krummels in my koffer deur Emile Joubert

LitNet Boeke en skrywers 2022-06-10

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van hierdie boek op Saterdag 11 Junie 2022 om 10:30 by Protea Boekwinkel in Stellenbosch.

’n LitNet Akademies (Regte)-artikel oor Die waarde van stil bure? ’n Onderhoud met Zelda Bezuidenhout

Naomi Meyer, Zelda Bezuidenhout Skrywersonderhoude 2022-06-07

"Een aand moes ek na ’n sieldodende gesprek tussen ’n mediese dokter en ’n wetenskaplike luister. Ek het bitter min verstaan en was eintlik net daar om die koffie te bedien. Maar toe die gesprek ’n onverwagse wending na stamselnavorsing neem, het dit my ingetrek."

Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke

Sakkie Spangenberg Lesersindrukke 2022-06-07

"Die reis wat hy afgelê het, is ’n reis van ’n al groter wordende ontnugtering en hy vra verskoning dat hy deel gehad het aan die indoktrinasie en misleiding van mense."

Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux: Foto’s en nuwe waarheid

Melvyn Minnaar Resensies 2022-06-07

"In Tinus le Roux se boek het hulle nie net oorleef nie, maar opgestaan. Le Roux se boek opper opnuut daardie vraag oor die foto se waarheid. Deur gesofistikeerde, voortreflik nagevorste kleurtegnologie het Le Roux die ou letterlik en figuurlik verbleikte foto’s ’n polsslag gegee. In sekere opsigte is dit inderdaad nuwe foto’s, nuwe waarheid."

Fresh off the press: New history of South Africa, edited by Hermann Giliomee, Bernard Mbenga and Bill Nasson

LitNet Books and writers 2022-06-07

This newly updated, comprehensive history of South Africa presents the story of our turbulent country in a fresh, readable narrative.

Press release: No impact assessment underlying the economically destructive Copyright Amendment Bill

LitNet Kopiereg-wetsontwerp 2022-06-06

PwC estimated that the bill will lead to a 33% reduction in booksales with 30% of the industry losing their jobs.

Hoe lees ons Van Wyk Louw vandag

Pieter Duvenage Menings 2022-06-06

"Hoe is ’n Afrikaanse lewe moontlik onder die dwingelandy van ’n magsentralistiese en rasgedrewe regime wat geen ruimte buite sy Engels-gedomineerde voorskrifte duld nie? Kan ’n jong Van Wyk Louw weer na vore tree in ’n land waar ’n openbare Afrikaanse universiteit toenemend ontsê word?"

Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2022-06-01

"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan? Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."

Moord op Pofadder deur Charné Kemp: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2022-06-01

"Hierdie boek beskik oor al die elemente wat dit vir ’n blitsblaaier laat kwalifiseer. Geld, diamante, Krugerrande, seks, verraad, interessante karakters, verliefde mans en ’n grootskaalse geliegery."

Respectful, because it does not pretend: A review of Halley’s Comet by Hannes Barnard

Jessica Smith Books and writers 2022-05-31

"The three teenagers must navigate the aftermath of their shared experience and the illegality of interracial friendship, and survive the predator that still lives free among them."

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-05-31

"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."

The yumness of the Kingsmead Book Fair 2022

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2022-05-31

"There was something for every literary taste."

Pasverskyn: Hou jou oë oop deur Brian Fredericks

LitNet Boeke en skrywers 2022-05-31

Hoe moet hy maak as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of vir hulle ’n Sealy Posturepedic kan koop nie?

"’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se Narreskip

Karen de Wet Resensies 2022-05-30

"’n Mens kan Myburg, ná die lees van hierdie bundel, net bedank vir die vleg, vir die vaart."

Koos sê: “Dis beter om iets in ’n storievorm te lees ...”

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2022-05-27

Koos Kombuis neem ons op ’n kort, baie unieke reis deur ’n aantal boeke wat oor sy pad gekom het. Hy vertel boonop van ’n kitaar op die groot trek en verduidelik dat hy Gauloises verkies het om teen apartheid te baklei.

Top