Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Oom Bey, my pa – die stemme in Henque Heymans se kop
2022-04-25Henque Heymans se Oom Bey, my pa debuteer vanjaar op die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-program. Hy vertel aan Melt Myburgh hoe Beyers Naudé se geskiedenis die drama geïnspireer het.
Press release – 2022 Commonwealth short story prize: shortlist announced
2022-04-25Twenty-six outstanding stories have been shortlisted by an international judging panel for the world’s most global literature prize. The writers come from 20 countries across the Commonwealth including, for the first time, Papua New Guinea, eSwatini, and St Vincent and the Grenadines.
Kompoun: Ronelda Kamfer en Annemarié van Niekerk práát
2022-04-22"Ek kan nie glo dat daar ’n tyd was toe Kaaps shameful was nie. Hoe baie leerders het in Standaardafrikaanse lesse gesit met teachers wat vir jou sê jy is dom of minder net omdat jy gesit en sukkel het om jou taal te translate tot dit pas in die mould van mense wat jy nie ken nie."
Boekbekendstelling van Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers by NALN
2022-04-22Jy word uitgenooi na hierdie boekbekendstelling in Bloemfontein op 12 Mei 2022. Hier is nog besonderhede.
Aankondiging: 2022 se wenners van SA Akademiepryse
2022-04-22Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig die name van hul pryswenners vir 2022 aan. Hier is die volledige lys van die gesogte Akademiebekronings.
British-born South African author Mary Renault
2022-04-21Close to World Book Day on the 23rd of April 2022, Herman Lategan remembers Mary Renault: "Why, then, is she hardly known in the country from where she wrote hit after hit, best-sellers that have been translated into some 20 languages and that have sold millions of copies in English alone?"
Pasverskyn: Die Anglo-Boereoorlog in kleur deur Tinus le Roux
2022-04-21Tonele en rolspelers uit die Anglo-Boereoorlog kry nuwe lewe in hierdie unieke versameling foto’s wat lewensgetrou ingekleur is.
An interview with Siphiwe Gloria Ndlovu, winner of a Windham-Campbell Prize for 2022
2022-04-20"I believe that literature, if done right, speaks about much more than just the present moment – it allows us to examine the past and imagine the future."
Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks
2022-04-20Theo Kemp, samesteller van die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks, laat die aap uit die mou oor die vurige sprekers en onderwerpe wat van 27 April af by Kunstekaap op die tafel geplaas gaan word.
Vlam deur Sidney Gilroy: ’n resensie
2022-04-19"Gilroy slaag daarin om sy verhaalgebeure as anachronistiese aanbod sinvol en in ewewig te bestuur."
Inferno, vertaal en verklaar deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2022-04-19"Hy hou in Afrikaans met rym vir die kanto’s van Inferno vol en slaag ook daarin om die essensie van Dante se poësie deur te gee."
Persverklaring: Wenners van die 2022-UJ-debuutprys en die 2022-UJ-prys bekend
2022-04-18Die wenners van die 2022 UJ-debuutprys en die 2022 UJ-prys is pas bekend gemaak. Altesaam 86 boeke in alle genres in Afrikaans wat in 2021 verskyn het, het meegeding om dié twee pryse.
Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961–1990) deur Leopold Scholtz: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2022-04-14"Op die keper beskou is hierdie boek ’n belangrike siening van die kommunistiese invloede op die ANC. Dit is ’n deeglik nagevorste stuk werk met tekortkominge. Enigeen wat in hierdie tipe geskiedenis belangstel, sal die aankoop van hierdie boek die moeite werd vind, en geen behoorlike toekomstige bespreking van die onderwerp sal Terreur en bevryding kan ignoreer nie."
Die ompad terug deur Helena Hugo, ’n lesersindruk
2022-04-13"In haar gemoed is Janine nou verdeeld tussen drie mans: Greg, die pa van haar drie dogters; Bennie Kowalski, wat haar skoolliefde is en wat die hoop koester op Janine se terugkeer na die Weskus; en dan Werner Hougaard, die stinkryk sakeman vir wie geld geen probleem in die lewe is nie, maar wat getroud is."
Intricately detailed: A review of How to be a revolutionary by CA Davids
2022-04-13"In a field of recent South African novels that have been marked by a dire need for more judicious editing, the deftness of Davids’s plot is striking."
’n Historiese roman, met Gotiese elemente: ’n resensie van Pandora deur Susan Stokes-Chapman
2022-04-12"Die boek skop af in 1799-Londen met sy groot kontras tussen die armes en die rykes, die vuil dokke besmet met menslike afval en die manjifieke villas van die adellikes, sowel as die teenoorgestelde wêrelde van die wetenskap en mites en die magiese sfeer."
’n Liefdesverhaal wat Ierse mites ontsluit: Droomboom deur Marie Spruyt
2022-04-12"Die inligting oor Ierland is fassinerend en die platteland waar sy bly word as ’t ware een van die karakters. Die leser kry baie inligting oor Ierse sowel as Suid-Afrikaanse mites en legendes – ’n vars tema in Afrikaanse prosa, veral in ’n liefdesverhaal."
Die dodelikste donuts in die heelal: ’n onderhoud met kinder- en jeugboekskrywer Cecilia Steyn
2022-04-12Dit was onlangs internasionale kinderboekdag. Naomi Meyer praat met Cecilia Steyn, veral bekend vir haar kinder- en jeugboeke, oor ’n kinderboek van haar wat in Junie by NB-Uitgewers verskyn.
Nog stories teen my muur deur Matthys Strydom: ’n resensie
2022-04-12"Meer as blote rekord is Nog stories teen my muur, soos die eerste Stories teen my muur, die neerslag van ’n lewe met kuns – ’n seldsame soort boek in die tyd waarin ons leef – en aanduiding van een man se versamelsin. Oor die kuns kom die leser heelwat te wete, maar so ook oor die mens Matthys Strydom."
Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster
2022-04-12"Jaloesie is een van die eerste merkbare kenmerke van ’n narsis. Meng dit met beheer, ongegronde beskuldigings, verwyte, minagting, onredelike vereistes en woedebuie alles saam in ’n whiskeyglas met drie blokkies ys, dan het jy die volmaakte resep vir ’n gewaarborgde aanslag."
