Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

Naomi Meyer, Cliffordene Norton Skrywersonderhoude 2021-11-09

"Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het."

Koerantkamerade deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

Sarel Venter Lesersindrukke 2021-11-09

"Koerantkamerade – in Van Deventer se reeds kenmerkende, boeiende en vloeiende skryfstyl – is ’n besonder insiggewende en waardevolle magnum opus-bydrae tot die vroeëre eietydse geskiedenis van die koerantbedryf, en ook van Suid-Afrika."

Wetenskap, poësie én teologie – dit bied Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-08

"Bybelstories in perspektief is ’n aktuele werk, een wat die dwaalleringe oor onderwerpe soos evolusie deeglik die loef afsteek. In die plek daarvan bied hy feitelik korrekte, wetenskaplike antwoorde aan jong (en ou) gelowiges."

Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-11-08

"Waar kom ons vandaan? is ’n moedige poging om die wetenskap kaalkop en baie eerlik aan jongmense bekend te stel. Ek sou dit baie graag in elke klaskamer in die land wou sien, maar wees gewaarsku: Die regse koalisies gaan kwaai hierop reageer."

Klasgids, ’n digitale tydskrif vir taalonderwysers

Naomi Meyer, Kathie Viljoen Akademies en skole 2021-11-08

"Klasgids is daar vir verryking, vir onderwysers wat nie tyd het om ’n teks vir hersiening in die klas uit te werk nie, vir onderwysers wat wil seker maak dat hulle standaard op die regte vlak is."

Ek onthou – ’n outistiese seun se lewensreis: ’n onderhoud met Anton en Corrie Müller

Naomi Meyer, Anton Müller, Corrie Müller Skrywersonderhoude 2021-11-08

"Ek was altyd goed om ’n reeks boeke in ’n numeriese volgorde te rangskik. Ek was baie opgetense as ek agterkom dis nie reg nie. My oorlede ma het agtergekom ek is goed daarmee. En sy het besluit ek moet eendag in ’n biblioteek gaan werk." Anton Müller en sy broer, Corrie, het met Naomi Meyer gesels.

Anton Müller – Ek onthou: ’n outistiese seun se lewensreis: persoonlike indrukke

Trisa Hugo Resensies 2021-11-08

"Mense wat hom ken, sal sy stem in die teks hoor. Die skryfproses was ook vir Anton ’n manier om dankie te sê vir die liefde en ondersteuning wat hy vir meer as ses dekades uit soveel oorde gekry het. Dit kom letterlik op elke bladsy na vore. Anton se boek is ’n dokument van hoop vir talle ouers met kinders op die outismespektrum."

Press release: 16th South African Literary Awards, the 2021 winners

LitNet Books and writers 2021-11-08

The 16th South African Literary Awards ceremony was held on 7 November 2021. Here is the complete list of winners.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Oktober 2021

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2021-11-05

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Press release: Damon Galgut wins the Booker Prize

LitNet Books and writers 2021-11-04

"Damon Galgut, after several shortlist nominations, has finally received the global acknowledgement he richly deserves," said Steve Connolly, CEO of Penguin Random House SA and Damon’s local publisher.

Open Book Festival 2021 announces stellar programme line-up for podcast series

LitNet Books and writers 2021-11-04

Open Book Festival has announced the stellar line-up for its new podcast series which runs from 8 to 24 November.

Boekbekendstelling: Die troebadoer deur Marié Heese

LitNet Boeke en skrywers 2021-11-04

Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Marié Heese se Die troebadoer op 17 November in Stilbaai.

Pasverskyn: Vlug deur Wilna Adriaanse

LitNet Boeke en skrywers 2021-11-04

Milla Roux is ’n veearts wat by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK werk. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang.

Sending as medemenslike lewenswyse – ’n lesersindruk oor die outobiografieë van Koos Oosthuysen en Lucia Oosthuysen

Wilhelm van Deventer Lesersindrukke 2021-11-03

"Terwyl Lucia afsonderlike stories skryf, verpak Koos sy herinneringe in ’n aaneenlopende kronologiese formaat. As egpaar van sestig jaar is dit vanselfsprekend dat hulle boeke gedeelde ervaringe en selfs hier en daar oorvleuelings sal insluit."

Gratis outobiografieë: Koos Oosthuysen se My lewe in drie tale en Lucia Oosthuysen se Dit laat my nie koud nie

LitNet Boeke en skrywers 2021-11-03

Koos, die Bybelvertaler, het as kind beter Xhosa gepraat as Afrikaans, Lucia het tot kort voor sy dood vir Steve Biko tuisonderrig gegee. Hulle verhale is nou gratis beskikbaar.

Wamuwi Mbao reviews Wild imperfections, compiled by Natalia Molebatsi

Wamuwi Mbao Books and writers 2021-11-03

"This remarkable collection runs to 200 pages of poems by 40 black women, some of whom are familiar crowd-drawers – think Nikki Giovanni, Gabeba Baderoon, Warsan Shire – while others have smaller but no less committed audiences."

Op die man af – Freek Robinson lig die sluier oor ’n vol, opwindende lewe

Freek Robinson, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2021-11-03

"Tydens ’n nuuskonferensie in die Franse hoofstad het Madiba verrigtinge onderbreek toe hy vir Freek in die perskorps gewaar. Net daar, omring deur die wêreldpers, het Mandela vir Freek gegroet en hom vertel hoe hy hom in die tronk op TV dopgehou het."

#kouekoffie: ’n Onderhoud met Carla Lang

Naomi Meyer, Carla Lang Skrywersonderhoude 2021-11-02

"Selde dat ek ’n warm koppie koffie of tee gedrink kry. Ek is seker baie ma’s kan vereenselwig."

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Jaco Jacobs oor sy storie, "Die meisie met uitroeptekens in haar oë"

Naomi Meyer, Jaco Jacobs Skole 2021-11-02

"Dit gaan oor Kieran wat op ’n dag ’n jong graffitikunstenaar met rooi sneakers ontmoet wat hom met nuwe oë na sy baie geordende, deeglik-beplande lewe laat kyk. Dit gaan daaroor om nie bang te wees om met uitroeptekens te lewe nie."

Anschen Conradie resenseer Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl

Anschen Conradie Resensies 2021-11-02

"Aanvanklik is die leser net so in die duister soos Kristien: Wie het die moord gepleeg en waarom? Waar is Louw?"

Top